Vriende, die span van Pediatric Care Africa het na my uitgereik om hulle On Trac-Tor for Charity trekkerreis te ondersteun. Hierdie reis van 2 500km op ‘n Mahindra 86-110 trekker, is ten bate van mediese behandeling vir kinders en bewustheid oor plaasaanvalle. Hierdie sake lê my na aan die hart en daarom het ek namens TLU SA ingestem.
Dr. André Hattingh van Pediatric Care Africa en TJ Marais van die 911-motorfietsryers spring binnekort weg op die trekkerreis deur vyf provinsies. Dit is ‘n uitdagende reis as mens in gedagte hou dat die trekker maar teen ‘n topsnelheid van 26km per uur ry. Boere weet natuurlik dat ‘n trekker nie ‘n luukse-voertuig is nie en jy voel elke stamp en hobbel in die saal.
Ek wil graag ons lede en vriende uitnooi om Dr Hattingh en TJ op hierdie reis te ondersteun. Daar is verskeie metodes om dit te doen:
- Borg Dr Hattingh per kilometer wat hy op die trekker ry.
- Maak ‘n eenmalige of maandelikse skenking.
- Ondersteun die span op die pad.
- Skenk baba melk (alle soorte)
- Skenk diesel vir die rit.
- Word ‘n vrywilliger by Pediatric Care Africa.
Alle skenkings kwalifiseer vir ‘n 18A-belastingsertifikaat en kan aan individue of maatskappye uitgereik word. Kontak Surika vir meer inligting by 076 756 6155 of besoek die webwerf by https://www.pediatriccareafrica.org/.
Die roete:
2 Julie 2023: Witrivier na Burgersfort via Sabie en Lydenburg
3 Julie 2023: Burgersfort na Mokopane (Potgietersrus)
4 Julie 2023: Potgietersrus (Mokopane) na Thabazimbi.
5 Julie 2023: Thabazimbi na Koster
6 Julie 2023: Koster na Wolmaransstad
7 Julie 2023: Wolmaransstad na Hartswater
8 Julie 2023: Hartswater
9 Julie 2023: Hartswater na Winburg
10 Julie 2023: Winburg na Clarens
11 Julie 2023: Clarens na Colenso
12 Julie 2023: Colenso na Vryheid via Dundee
13de Julie 2023: Vryheid na Piet Retief
14 Julie 2023: Piet Retief na Badplaas
15 Julie 2023: Badplaas na Witrivier via R33 & R38
Groete,
Henry