Die Karakter van ’n Boer
Jy is jou eie karakter. Van die 350 biljoen mense ter wêreld en ongeveer 35 000 boere in die land is daar net een van jou…net een.
Jy vorm jou eie karakter, die paaie wat jy gestap het, die foute en suksesse wat jy maak het en die lesse wat jy geleer het in landbou. Moet nooit dat iemand anders se mening jou karakter vorm nie, moet nooit dat iemand anders se mening oor jou, jou karakter laat verander nie…jy is in beheer.
Jou karakter is soos ’n legkaart, dit het jou tot nou toe gevat om daai 10 000 stukkies bymekaar te sit en niemand anders het die reg om een enkele stukkie weg te vat nie. Moenie dat een persoon se mening daai spesifieke stukkie – eie aan jou – verwyder nie.
Onthou… jy is ’n uitsondering…’n Boer. En so sal dit bly. Jou karakter word nie gebaseer op jou foute nie, jou karakter word gebaseer op wat jy geleer het, ná jy daai foute gemaak het. Steek jou kop hoog uit en onthou, jy is iets (iemand) besonders. ’n Boer. Dit alles in die naam van God, Drie-enig. Mag Hy jou lei, beskerm en vergewe. Want sonder Hom is ons niks. Mag God u Seën en laat Hy u help om u karakter te vorm.
Sterkte met u boerdery en wees veilig. Alles hier word tog net aan ons geleen: Bewoon, bewerk en bewaar dit.