So kom ons weer aan die einde van nog ʼn jaar. Dit was ‘n jaar vol vreugde en hartseer. ‘n Jaar van Covid-19, die lug gevul met die reuk van “sanitiser” en keer op keer terugdraai om jou masker te gaan haal.
Almal van ons voel steeds die finansiële impak wat dit op ons gehad het. Gelukkig bevind ons onsself nou al in ‘n ontspanne vlak een van die inperking. Dit is, soos hierdie jaar, so te sê verby. Die jaar 2021 lê en loer vir ons.
Eersdaags vier ons weer die geboorte van Jesus Christus. Mag ons hoop, liefde en voorspoed ervaar in hierdie tyd. Want Hy is ons enigste hoop en redding. Mag elke boer die seën van Jesus ontvang en die beste oes ooit produseer.
Maar, wees gewaarsku, dit blyk ook dat 2021 op verskeie gebiede ‘n rowwe jaar gaan wees. So maak vas jul veiligheidsgordels en haal uit jul valstande. Mag ons deur die krag van Jesus Christus al die uitdagings oorkom.
Seën en voorspoed vir u elkeen.
Henry.