James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Op Henry se Hart | November 2021

Wees seker oor veiligheid

Ek wil sommer met die intrapslag aan al die boere wat saai ’n goeie plantseisoen toe wens!

Aan die wat besig is, ek hoop alles verloop voorspoedig en aan dié wat nog moet plant sterkte. En as daar al die is wat klaar is, ek hoop ’n goeie seisoen wag. Mag julle groot en goeie oeste hê met die genade van Bo en die natuur wat saam speel.

Dit is ook tyd om seker te maak oor ons veiligheid met die feesseisoen op hande. Boere mag nie in ’n gemaksone verval nie. Wees seker jou sekuriteitsisteem is ten volle werkend en in stand. Wees paraat vir onder andere verdagte voertuie.

Nog ’n uitdaging vir veiligheid in dié tyd, is leemte wat ons land se onvoorspelbare elektrisiteit voorsiening laat. Moenie dat jy onverhoeds betrap word nie. Selfoontorings werk nie as die elektrisiteit af is. Jy kan dus nie net op WhatsApp staatmaak nie. Of as jy van tweerigting-radio’s gebruik maak, kyk dringend na alternatiewe kragbronne. Een opsie is ’n groot batterysisteem wat met krag of sonpanele gelaai word en volhoubaar is as die krag afgaan.

Ek druk dit op almal se harte om dit ’n prioriteit te maak. Jy wil nie in die donkerte sonder enige kommunikasie gestrand wees nie.

Kategorie:

Deel dit:

Op Henry se Hart | November 2021