Op Henry se hart | Oktober 2020

Die jaar staan nou vinnig einde se kant toe. Intussen is Oktober gekenmerk deur ‘n klomp negatiewe gebeure.

  • Plaasaanvalle en -moorde duur voort;
  • Tot 31 Oktober vanjaar was daar 337 plaasaanvalle en 53 plaasmoorde;
  • Die moord op Brendin Horner en die gevolglike hofsake maak groot opslae in Senekal EN die res van die land.

Ons ervaar meer en meer hoe boere en die publiek meer teenkanting teen misdaad toon. Daar is selfs dreigemente oor ‘n burgeroorlog na die EFF se uitsprake.

TLU SA het voor die hofverskyning in Senekal gemaan teen anargie en vir verantwoordelike optrede. Ons pleit vir beter samewerking en weldeurdagte beplanning vir die toekoms sonder om emosioneel op te tree.

Maar toe kom Mbuyiseni Ndlozi, ‘n EFF-LP weer met sy lied oor die brand van boere se plase en eiendom. En die Nood-Kaap en Vrystaat brand.

Ons bedank elke lid van die publiek en boere uit ander streke wat ingespring en met skenkings gehelp het. Ook aan die koördineerders wat vervoer en skenkings bymekaar gebring het. Ons dra elke boer wat skade gely het in ons gebede op deur hierdie moeilike en donker tye wat voorlê.

Ons glo en vertrou dat die regering kennis sal neem van al die bogenoemde gebeure en die groeiende gevoel van verset onder die land se inwoners.

Met die verkiesing van die UK en komitee-voorsitters bykans afgehandel, doen ons ‘n beroep op die streke om toe te sien dat die herorganisering tot boerevereniging so vinnig as moontlik afgehandel word. Sodoende sal die boereverenigings op tot by die hoofkantoor gesamentlik en doeltreffend funksioneer om die uitdagings in die landbousektor te bespreek, te bestuur en op te los.

Baie dele van die land het al goed reën gehad en die plantseisoen is op hande. Ek wil elke boer sterkte toewens met die plant van somergewasse.

Ons bid ook vir elke boer wat skade gely het en familie en vriende as gevolg van plaasmoorde verloor het. Fokus op julle gesinne se veiligheid. Neem verantwoordelikheid, wees paraat. Dra jou vuurwapen en weet hoe om dit doeltreffend, binne die raamwerk van die wet te gebruik. Maak seker jy weet hoe om grondbesettings te hanteer. Wees voorbereid.

Sterkte,

Henry.

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.