Op Henry se Hart | September 2021

Ons deel graag ‘n gedeelte van Henry Geldenhuys se Presidentsrede tydens die Kongres hier.

TLU SA is in 1897 gestig en is vanjaar 124 jaar oud. Drie jaar ná die stigting was ons in die 2de Vryheidsoorlog teen die magtige Engeland betrokke. Ons land staan oor die 30 000 mans, vroue en kinders aan die dood af.

In die Bethuliekonsentrasiekamp, ongeveer 121 jaar gelede, sit mev. Anette Marais op ’n stomp en skud die stof van haar verslete klere af. Rondom haar sit ’n groepie bekende gesigte van moeë vroue. Net ’n paar treë verder is die hoë draad van die konsentrasiekamp. Sy slaan haar Bybel oop en begin lees. Sy het in die donker ure van die nag met God geworstel en Hom gesmeek vir ’n boodskap om hierdie vroue te bemoedig, want wie weet hoe lank nog…

Anette lees die woorde van Mattheus 10:29 – “ Word twee mossies nie vir ’n stuiwer verkoop nie? En nie een van hulle sal op die aarde val sonder julle Vader nie.” Terwyl sy besig is om hierdie woorde te lees, kom sit daar ’n klein vaal mossie op haar skouer. Die groep vroue staar in verbasing na wat voor hulle gebeur, en só word die mossie die teken van hoop in die onmoontlike omstandighede van die konsentrasiekamp in Bethulie.

Dit is ongelooflik om in die maande wat volg om te sien hoe die mossies van Bethulie ’n baken van geloof en hoop vir hierdie vroue word.

Op 31 Mei 1902 was die oorlog verby. Anette het op pad terug na haar huis, wat tot as verbrand was, by ’n vrou met invloed gestop en haar van die mossieboodskap vertel. Sy het dit weer oorvertel en Genl. Jan Smuts het in 1923 die mossie op die land se kleinste munstuk, die kwartpennie, laat verskyn, en later verskyn hy dan ook op ons 1c. Baie jare later sit die sanger Jak de Priester sonder werk in Londen. Hy lees uit sy Bybel die mossieboodskap en bid vir werk. Die volgende dag word hy aangestel, en op pad terug op ’n bus tel hy ’n Suid-Afrikaanse 1c op met die mossies agterop. Hy besef dat God daar by hom op die trein is en dat gebed sy waarborg in hierdie stukkende wêreld is.

Boere: al lyk die toekoms van landbou en hierdie land hóé donker, weet dat daar deur die genade van ons Hemelse Vader hoop is. Sien die mossies op u pad raak. Sien TLU SA as u mossie. Bemagtig TLU SA deur u ondersteuning en deelname, sodat ons saam hoop vir u en boere in die land kan skep.

Ons kry elke dag krag en groot genade van ons Hemelse Vader. Dit is ons rigsnoer en bevestig TLU SA in ons grondwet en manifes ons geloof in God Drie-enig soos geopenbaar in sy Woord, die Bybel. Mag ons altyd daaraan vashou en elk help dat ons as organisasie ons eerste tot eer van God uitleef.

Gaan vandag en soek die mossies op u pad. Sien hulle raak, besef dan dat daar altyd hoop is, weet dat die Here altyd na ons sal kyk, ons sal oppas en versorg, al is die toekoms in die land en in landbou hóé donker.

’n Geseënde mossiedag vir u.

Groete, Henry

 

Die volledige toespraak is by hierdie skakel beskikbaar.

 

Foto Gabriel JimenezUnsplash

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.