Opskud as jy nog wil uitstal by Sakeliga KragDag Landbou Sub-ekspo

TLU SA is trots om vanjaar weer die Landbou Sub-ekspo by die Sakeliga KragDag aan te bied. Die geleentheid vind tussen 14 en 16 Oktober 2021 plaas, oudergewoonte by die Diamantvallei Landgoed naby Cullinan.

Die Landbou Sub-ekspo het spasie vir 125 uitstallers en meer as 21 000 besoekers het in die verlede die Sakeliga KragDag besoek – dit is dus ‘n ideale bemarkingsgeleentheid. Die meeste groot name in landbou het reeds hulle plekke bevestig en verskeie kleiner landbou-verwante besighede sal ook oor die naweek hulle produkte ten toon stel.

Daar is wel nog plekke beskikbaar vir uitstallers – klein, medium of groot – maar dit raak vinnig vol bespreek. Spring dus vinnig om jou spasie te verseker. Die koste vir verskeie pakkette is beskikbaar by Lynette du Plessis van TLU SA. Kontak haar by 082 823 3399 of stuur ‘n epos aan sentraal@tlu.co.za.

Onthou dat daar ook kampplek op die KragDag-perseel beskikbaar is. Stuur gerus ‘n e-pos aan info@kragdag.co.za vir meer inligting. Verskeie gastehuise in die omgewing word ook op die webwerf genoem.

Om ‘n oorsig van die geleentheid te kry en jou gratis toegang te bespreek, besoek gerus die webwerf by https://kragdag.co.za/. Besoekers wat by die hek kaartjies wil koop, sal R100 betaal en toegang sal onderhewig aan inperkingsmaatreëls wees.

Uitgereik deur:          TLU SA
Datum:                      28 September 2021

Navrae:                       Mev Lynette du Plessis, Streeksbestuurder: TLU SA                                      Sentraal,
                                    Sel.: 082 823 3399

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.