Plaaslike Regering | Verkiesing 1 November 2021

Suid-Afrika se belastingbetalers was weereens geskok oor die wyse waarop die Minister Nkosazana Dlamini-Zuma haar skelmstreke uitgehaal het toe sy die verkiesingsdatum as 27 Oktober 2021 geproklameer het. Dit terwyl sy geweet het dit was nie nodig nie. Sy is ook voor die tyd só deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie ingelig. En steeds gaan sy voort en probeer almal oortuig dit is die regte ding om te doen.

Dit is skokkend is dat regeringsamptenare steeds die belastingbetalers en inwoners van Suid-Afrika aan die neus probeer lei met vuilspel. Wanneer gaan die regerende party besef dat vertroue en geloofwaardigheid gevestig moet word by die inwoners van die land om hul ondersteuning te geniet. Swak leierskap is tans aan die orde van die dag en Suid-Afrikaners ly daaronder.

Daar heers tans onmin onder die regerende party se amptenare. Daar is nie voldoende registrasies gedoen vir verkose raadslede nie. Jessie Duarte moes ingryp om die proses weer op koers te kry. Verder is daar amptenare wat ontevrede is oor die name wat wel geregistreer is. Die onlangse uitbarsting in Limpopo by die ANC-hoofkantoor was ’n gevolg hiervan. Daar is tans geen einde nie aan die ANC-leierskap se patetiese pogings om die storms die hoof te bied.

Die verkiesing gaan op 1 November 2021 plaasvind. Ons wil die belastingbetaler wat verantwoordelik is vir 55.6% van die land se inkomste – tans is 44.4% werkloos en nie in staat is om enige bydrae tot die staatskas te maak nie – vra om na jou stemlokaal te gaan en jou stem te laat hoor. Die ANC het die afgelope 27 jaar nie sy beloftes nagekom nie en ofskoon nie enige ander party ’n meerderheid sal kry nie, kan jou stem wel die persentasie invloed van die ANC verminder.

Groete
Erika Helm

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.