Klik hier en maak 'n bydrae tot die TLU SA Traumafonds
Maak 'n bydrae tot TLU SA Traumafonds: Klik hier
SA bloei weens misdaad Vrydag | 03 Junie | 2022

Suid-Afrika bloei en dit lyk nie of die land se regering of polisiediens die wil of die vermoë het om dit te stop nie.

Dit is die gevolgtrekking waartoe TLU SA kom as daar na die eerste kwartaal van die jaar se misdaadsyfers gekyk word. Misdaadsyfers dui ‘n toename in alle fasette met geen vooruitsig op afname.

“Dit is skrikwekkend hoe die syfers aanhou styg. Die regering van ‘n land het primêr twee verantwoordelikhede. Eerstens moet hy na die veiligheid van die land se inwoners kyk en dan ook die klimaat met sy beleidsomgewing skep vir ekonomiese groei. Dit is duidelik dat die regering faal,” het mnr. Bennie van Zyl, TLU SA se Hoofbestuurder gesê.

“Ons het nie meer ‘n goed opgeleide en gerespekteerde polisiediens nie. En dit lyk of die regering nie die nood vir een besef nie. Die syfers is skokkend, ontstellend en absoluut onaanvaarbaar.”

TLU SA se President mnr. Henry Geldenhuys het gesê dit is tyd dat polisielede ook begin verantwoordelikheid vat om hul werk deeglik te doen.

“Misdaad is buite beheer. Hier is die bewyse. Al hoe meer word dit van die individu verwag om sy eie veiligheid te verseker. En dit is nie die man en vrou op straat se plig nie.  Die regering skuif sy verantwoordelikheid. Nou raak dit buurt- en plaaswagte se plig.”

TLU SA Streekvoorsitter: Noord, mnr. Henk van de Graaf het bygevoeg: “Dit word daagliks net duideliker dat veranderinge – op ‘n grootskaal – nodig is as ons by  ‘n oplossing vir die land se misdaad-probleem wil kom. Die realiteit is elke inwoner loop die gevaar om deel van die misdaad-statistiek te word. Ons land bloei en die regering kyk toe.”

Sluit aan
POPI
Nuusbriewe
Checkboxes
Kontak Ons

Warning: call_user_func_array() expects parameter 1 to be a valid callback, function 'frm_disable_honeypot' not found or invalid function name in /home/tlucosfk/public_html/wp-includes/class-wp-hook.php on line 305

Stuur vir ons 'n boodskap

Kontak Ons

Warning: call_user_func_array() expects parameter 1 to be a valid callback, function 'frm_disable_honeypot' not found or invalid function name in /home/tlucosfk/public_html/wp-includes/class-wp-hook.php on line 305

Kry ons nuusbrief

Nuusbriewe
Checkboxes

sluit aan

Sluit aan
POPI