TLU SA se Uitvoerende Komitee en Saai se Direksie het op 8 Desember bymekaargekom om ’n samewerkingsooreenkoms te bespreek. Ons het gedeelde waardes en beide organisasies streef dit na om landbou te laat leef en ons boere in produksie te hou.
Die noodsaaklikheid dat ons maksimaal kapasiteite saamvoeg soos dit nodig en moontlik is, word terdeë besef. Die samewerkingsooreenkoms behels dat elkeen van die organisasies op sy eie ’n versoek kan rig tot die ander organisasie om oor ’n spesifieke saak samewerking te gee. Indien daar nie ooreengekom word oor die samewerking nie sal die aksie nie deur die ander party belemmer word nie en sal die nie die samewerkingsooreenkoms in gedrang bring nie. Wanneer daar egter wel ooreengekom word oor ’n aksie, sal die organisasies kan bevestig dat daar gesamentlik namens 18 000 lede opgetree word wat ’n groot verskil maak ten opsigte van die wringkrag wat die twee organisasies saam genereer.