James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Sakeliga Kragdag 2023 | TLU SA Landbou Sub-ekspo

Stal jou vee en landbouprodukte by die Sakeliga Kragdag Landbou sub-ekspo in samewerking met TLU SA uit. Die geleentheid vind plaas tussen 9 en 12 Augustus by die Diamantvallei Landgoed.

Besoek https://www.kragdag.co.za/webtuiste/stal-uit/landbou en bespreek jou plek.

Veekampies is 3m x 3m vir beeste en perde en 1,85m x 1,85m vir skape, bokke en miniatuurperde.

Elke uitstaller word ook van ‘n 3m x 3m bemarkingspasie langs die veekampies voorsien. Skadu vir die diere geskied by wyse van ‘n oorhoofse skadunet of rektent.  Ablusiegeriewe asook ‘n kombuistent met ‘n stofie, tafel en gasbottel word in die veehanteerders huisvestingarea voorsien. Elke uitstaller is verantwoordelik vir eie kos, eet- en kookgerei, beddegoed en tente.

Vir enige navrae kontak Lynette du Plessis 082 82 33399 of sentraal@tlu.co.za

Kategorie:

Deel dit:

Sakeliga Kragdag 2023 | TLU SA Landbou Sub-ekspo

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.