Schildpaddop AVKB Selfbehoudkamp benodig nuwe terrein

Die Schildpaddop Selfbehoudkamp van die Afrikaner Volkskultuur beweging het sy ontstaan gehad op die plaas Schildpaddop in 1999 in die Thabazimbi-distrik waar ons Hoofbestuurder geboer het. Met die hulp van ’n groot klomp rolspelers is daar baie doelmatige fasiliteite daar opgerig en is daar vir verskeie jare in heerlike Bosveld-omstandighede vir ons Afrikaner Jeug baie goeie selfbehoud opleiding gegee.

Met die verkoop van die grond het die nuwe eienaar op daardie stadium omgedraai op sy woord en moes die kamp op baie kort kennisgewing skuif. Groot dank vir George Bester sowel as Peet du Bruyn wat opeenvolgend hul plase beskikbaar gestel het om die kamp gedurende die April vakansie vir die een geleentheid per jaar moontlik te maak. Weens die verkoop van die grond moet ons na ’n nuwe terrein soek.

Waar ons jeug tradisioneel baie blootstelling aan die plaas- en natuurlewe gehad het met oupas en oumas wat geboer het, is ons jeug deesdae baie minder blootgestel aan die plaaslewe en is dit altyd ’n voorreg om vir die Afrikaner Jeug bepaalde blootstelling in die verband te kan bied. Daar word verneem of enige boer, verkieslik in ’n Bosveld-omgewing, bereid sou wees dat ons die kamp daar by hulle op die plaas kan kom aanbied. Indien daar reeds bepaalde fasiliteite is, sal dit sake baie vergemaklik. Indien enige iemand bereidwilligheid oorweeg, sal ons dit waardeer indien jy Bennie van Zyl by 082 466 4470 kontak.

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.