James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Sekuriteitsaanbevelings welkom, maar valse aantygings teen boere word verwerp

Die aanvaarding van die gesamentlike verslag van die Parlementêre Portefeuljekomitees oor Plaasaanvalle is gedeeltelik positief, hoewel daar duidelike ruimte is vir verdere gesprekvoering. TLU SA ondersteun sekere konstruktiewe aanbevelings wat gemaak is oor plaasveiligheid. Ons verwelkom veral die erkenning van die unieke aard van geweld in landelike gebiede en die voorstel dat spesialis-eenhede vir plattelandse veiligheid versterk word.

Die verslag stel egter ongegronde en veralgemenende beskuldigings teen boere. In aanbeveling 4 (12) word spesifiek voorgestel dat daar “ondersoek ingestel word na beweerde menseregteskendings soos intimidasie, vernedering en mishandeling deur plaas-eienaars.” Hierdie tipe stellings is nie net onwaar nie, maar dra by tot ‘n gevaarlike narratief wat skade doen aan verhoudinge in landelike gemeenskappe en bydra tot verdere polarisasie.

Boere en plaaswerkers is in ‘n vennootskapsverhouding. Die een is afhanklik van die ander vir die volhoubaarheid van die plaas en die toekoms van hul gesinne. Om boere as ‘n groep te verdink van menseregteskendings teen hul werkers is nie net onregverdig nie, dit is ook totaal ontbloot van die waarheid. 

“TLU SA verwerp hierdie insinuasies met alles waaroor ons beskik,” sê Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA. “Daar bestaan geen bewyse dat mishandeling van plaaswerkers ‘n algemene praktyk is nie. Hierdie soort insinuasies het geen plek in ‘n verslag wat daarop gemik is om veiligheid en samewerking te bevorder nie.”

TLU SA se lede streef oor die algemeen na regverdige en respekvolle werksverhoudinge. Die werklikheid is dat inspekteurs van die Departement van Arbeid op gereelde grondslag plase besoek. Daar word streng toegekyk dat arbeidswetgewing nagekom word, en werkers het toegang tot selfone, regskennis en meganismes om enige onreg aan te meld. Indien daar individuele gevalle van onaanvaarbare gedrag is, moet dit ingevolge die wetgewing hanteer word, maar dit kan nooit gebruik word om ‘n hele sektor te verdag nie.

TLU SA is ook gekant teen die veronderstelling dat plaasaanvalle en -moorde ‘n reaksie is op hoe boere hul werkers behandel. Hierdie insinuasie is uiters gevaarlik en word in die sterkste terme verwerp. Dit verskuif die aandag van die ware aard van hierdie misdade: vooraf beplande, dikwels buitengewoon wrede en gewelddadige aanvalle, soos ook in die verslag self erken word. Die verslag maak geen melding van haatlike uitsprake deur politieke leiers teen boere nie, wat die tafel vir verdere aanhoudende politieke misbruik teen boere.

“Ons ondersteun enige pogings wat werklik plaasveiligheid wil verbeter en die kwesbaarheid van alle inwoners in landelike gebiede aanspreek, insluitend plaaswerkers, kleinskaalse boere en ander gemeenskapslede,” sê Van Zyl. “Maar dit moet gedoen word sonder politieke agendas, sonder verdagmakery en sonder ongebalanseerde narratiewe wat boere as oortreders uitbeeld eerder as slagoffers van ernstige misdaad.”

TLU SA sal voortgaan om konstruktief saam te werk met enige strukture wat werklik die veiligheid en welstand van boere, hul werkers en landelike gemeenskappe op die hart dra. Ons versoek dat die Parlement, in toekomstige verslagdoening en aanbevelings, alle betrokkenes met gelyke maat en verantwoordelikheid hanteer, sonder insinuasies of diskriminerende ondertone teen boere.

Kategorie:

Deel dit:

Sekuriteitsaanbevelings welkom, maar valse aantygings teen boere word verwerp

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.