Die land het asem opgehou oor die situasie wat in die aanloop tot die beskuldigdes in die Horner-moord se hofverskyning gedreig het om ernstige konflik tot gevolg te hê. Die blote feit dat benewens die EFF daar meer groeperinge was wat met ‘n gedeelde behoefte deelgeneem het aan die aksie, het beklemtoon dat ongeag die affiliasie met bepaalde organisasies wat betrokke was, daar nogtans ‘n behoefte bestaan dat oorhoofse koördinasie en belyning in belang van die groter verband en sentiment voortaan beslag sal kry.
TLU SA-lede se samewerking om hierdie belangrike behoefte te bevorder, sal bepalend vir gekoördineerde optredes in die toekoms wees. Enige gedagte dat die groot opkoms en emosie wat Senekal 2 ontlok het, tot ‘n veiliger omgewing op plase (en dorpe en stede) sal lei, is tans ‘n pypdroom.