James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Sien landbou as bate, versoek TLU SA

TLU SA se versoek aan die Minister van Finansies, mnr. Enoch Godonwana, met die oog op Donderdag se mediumtermynbegroting is om die landbouprodusente as Suid-Afrika se grootste bate te sien.

Mnr. Bennie van Zyl, TLU SA se hoofbestuurder, sê: “Dit is belangrik om ’n gunstige omgewing te skep om seker te maak hulle (landbouprodusente) kan aanhou produseer.”

Hy het na die buitensporige styging van insetkostes verwys wat boere se winsgewendheid onderdruk plaas.

“Dit beteken boere moet keuses maak om in produkte te bly wat tot tekorte in sommige kommoditeite kan lei. ’n Groot woord van dank moet teenoor die landbouwaardeketting uitgespreek word wat in die laaste tyd onder ongunstige omstandighede steeds voldoende voedsel produseer om gesonde en bekostigbare voedsel op verbruikers se tafel te plaas.”

Suid-Afrika se ekonomie word tans onder andere gekenmerk deur rommelstatus, werkloosheid, lae ekonomiese groei, onaanvaarbare vlakke van misdaad en wantroue in die regering.

“Die prys van kader-ontplooiing is te hoog weens die gebrek aan kundigheid. Die storting van bykomende finansiële ondersteuning is inderdaad net wat dit sê, naamlik storting, maar ongelukkig in bodemlose putte.”

Mnr. Van Zyl sê die landbou wil hê die regering moet beter voorsiening maak vir rampe ten einde die kommersiële boere in produksie te behou.

Dit is ’n ope vraag of die ideologiese omgewing wat die ANC nastreef hom enigsins kan leen tot die regte dinge wat behoort te gebeur.

“Daar moet ernstig besin word of daar voortgestu kan word met die huidige benadering. Die begroting kan net tot sy reg kom as ’n aantal kwessies aangespreek word, naamlik uitroei van korrupsie, staak kader-ontplooiing en stel kundiges aan, besnoei uitgawes en neem met elke besluit die impak van ekonomiese groei in ag.”

 

Kategorie:

Deel dit:

Sien landbou as bate, versoek TLU SA

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.