Ongelukkig is die begrip van morele degenerasie nie ’n nuwe idee in ons land nie, die Bybel as oplossing is ook nie, maar die manier wat die Bybel in klank gebruik word is wel ’n nuwe idee in terme van toepassings in Suid-Afrika.
Ongeveer die helfte van die wêreld se mense wat onder mekaar altesaam 7100 tale praat, is sogenaamde “oral learners” – mense wat hetsy ongeletterd is of verkies om te leer deur te luister, volgens inligting op MegaVoice se webwerf.
Volgens Murray Louw, ’n besigheidsontwikkelingsbestuurder by MegaVoice, is dié internasionale groep se hoofdoel om die Bybel toeganklik te maak vir mense wat funksioneel ongeletterd is. Louw sê die potensiële impak wat die klein sonkrag klank-Bybel op ons eie land se morele kultuur kan maak, is enorm.
Veeltaligheid is iets waarmee meeste van ons daagliks te doen kry, en juis dit is waarom die klein oudio-Bybeltjies so ’n wesenlike verandering in mense se lewens bring.
Geweldig baie Suid-Afrikaners sukkel om te lees met begrip. Wanneer mense daarom na die Bybel luister in hul moedertaal, word die boodskap van die Bybel vir hulle soveel duideliker en maak dit daarom ’n werklike verskil in hoe hulle dink en leef.
Het jy ’n behoefte aan werkers met hoë morele waardes? Belê dan in sonkrag klank-Bybels wat hulle kan verstaan.
“Die woord van God is lewend en kragtig. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart.” Heb. 4:12
Kontak Murray Louw: 084 665 6298 of murray@megavoice.co.za





