James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Staatskoerant aankondigings | April 2026

Belangrike kennisgewings en openbare kommentaargeleenthede 

Verskeie nuwe kennisgewings is onlangs in die Staatskoerant gepubliseer wat die landbou-, water-, omgewings-, energie- en plaaslike regeringsomgewing raak. TLU SA moedig lede aan om kennis te neem van sake wat hul bedryf kan beïnvloed en waar moontlik kommentaar te lewer.

Waar kan kennisgewings besigtig word?
 Alle Staatskoerante is beskikbaar op die amptelike webwerf van die Government Printing Works:

🔗 https://www.gpwonline.co.za/Gazettes.aspx

Belangrike openbare kommentaargeleenthede

Landbou

  • Insette vanuit direk geraakte groepe in die suiwelbedryf
    Kommentaar gesluit op 10 April 2026
  • Gebruik van sekere landboumiddels as stowwe van kommer
    Kommentaar gesluit op 12 April 2026
  • Regulasies ingevolge die Wet op Bewaring en Ontwikkeling van Landbougrond
    Kommentaar sluit 8 Mei 2026

Plaaslike regering

  • Wysigings aan raamwerk vir langtermyn samewerking tussen regeringsfere
    Kommentaar gesluit op 12 April 2026

Watersake

  • Verdere kommentaar oor gebruik van sekere landboumiddels
    Kommentaar sluit 27 April 2026

Limpopo

  • Musina-Makhado Spesiale Ekonomiese Sone se Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk
    Kommentaar sluit 26 Mei 2026

Ter kennisname

  • Vier-en-Twintigste Wysigingswetsontwerp op die Grondwet
    Kommentaar sluit 26 April 2026

Hoe om kommentaar te lewer

By elke kennisgewing in die Staatskoerant word spesifieke instruksies gegee oor waarheen kommentaar gestuur moet word (e-posadres, posadres of aanlyn proses). Besoek die Staatskoerant-portaal hier:
🔗 https://www.gpwonline.co.za/Gazettes.aspx

TLU SA moedig lede aan om hul stem te laat hoor waar beleid en regulasies die landbougemeenskap raak.

Kategorie:

Deel dit:

Staatskoerant aankondigings | April 2026