James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Staatsrede: Tyd vir waarheid oor die stand van Suid-Afrika

Op 12 Februarie om 19:00 sal President Cyril Ramaphosa sy Staatsrede lewer en weer vir Suid-Afrika ’n lys beloftes en mooi woorde oor ekonomiese groei, hervorming en werkskepping voorlê.

Jaar na jaar luister Suid-Afrikaners na die beloftes in pres. Ramaphosa se staatsredes, maar die werklikheid vir ons samelewing is steeds swaar en vol teenstrydighede. TLU SA verwag op 12 Februarie ’n herhaling van planne wat verlede jaar gemaak is, maar steeds geen sinvolle verskuiwing in die land se koers tot gevolg gehad het nie.

Tydens pres. Ramaphosa se staatsrede 2025 is ’n reeks groot planne aangekondig, beleggings in infrastruktuur wat byna R940 miljard oor drie jaar sou beloop, hervorming van staatsbeheerde ondernemings soos Eskom en Transnet, en ’n R20 miljard transformasiefonds om klein en swart ondernemings te ondersteun. Daar is gepraat van ekonomiese groei, hervormings en nuwe geleenthede vir die jeug. Het hierdie beloftes enige verandering tot stand gebring? 

Intussen het meer as een miljoen potensiële entrepreneurs die land verlaat omdat hul hier nie die geleenthede kon kry wat aan hul belowe is nie. Baie van hierdie mense was diegene wat werklik kon belê, werksgeleenthede kon skep en die ekonomiese dryfkrag van hierdie land kon versterk. Werkloosheid bly skrikwekkend hoog, die veediefstal, misdaad en onbehoorlike bestuur sit voort, en staatsinstellings funksioneer steeds swak weens onder meer die onkunde wat kaderontplooiing veroorsaak. Dit is dieselfde werklikheid waarna TLU SA al jare verwys en wat ons sien as die direkte gevolg van beleidsrigtings wat nie werk nie.

TLU SA sê onomwonde: hierdie beloftes van jaar tot jaar maak geen verskil nie. “Woorde alleen voer nie tot werklike verandering nie,” sê Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA. “Ons sien infrastruktuur wat steeds agteruitgaan, staatsentiteite wat nie hul mandaat kan vervul nie, en ’n ekonomie wat vasval terwyl gewone Suid‑Afrikaners al hoe minder vertroue het in die toekoms van hierdie land.”

ʼn Groot deel van wat die regering ‘transformasie’ en ‘hervorming’ noem, is net retories en versteek die werklike ondermyning van beleggingsvertroue en ekonomiese stabiliteit.

“TLU SA vereis ’n eerlike rekenskap van die huidige werklikheid,” sê Van Zyl oor die komende staatsrede. “Die president behoort vir Suid‑Afrika eerlik te sê dat die ANC se beleid nie gelei het tot die gevorderde ekonomiese groei, stabiliteit en dienste wat nodig en belowe is nie, en dat beleid wat net op ideologie steun, wêreldwyd net armoede en frustrasie veroorsaak.”

TLU SA verwag dat hierdie staatsrede eerlik sal aanspreek wat verlede jaar beloof is en feitlik bereik is. Die organisasie versoek konkrete planne wat prioriteit gee aan werklike ekonomiese groei, die herstel van stabiliteit, werkskepping en ’n omgewing waarin boerdery en voedselsekuriteit werklik ondersteun word. 

Kategorie:

Deel dit:

Staatsrede: Tyd vir waarheid oor die stand van Suid-Afrika

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.