Klik hier en maak 'n bydrae tot die TLU SA Traumafonds
Maak 'n bydrae tot TLU SA Traumafonds: Klik hier
TLU SA bly oor IMF-gesprekke Donderdag | 09 Desember | 2021

TLU SA neem met baie tevredenheid kennis van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) se reaksie en voorgestelde vereistes aan die Suid-Afrikaanse regering. Veral dié verwysing na maatskappye wat meer mag moet hê in loononderhanderlinge en die bemagtiging van die privaatsektor.

Die IMF besoek jaarliks lidlande vir samesprekings met die regering en privaatsektor oor aangeleenthede rakende die land se geldsake en die ekonomiese vooruitsigte. Die IMF kan vereistes stel aan lande wat by die IMF geld leen, soos Suid-Afrika gedoen het.

Netwerk24 berig die IMF het harde woorde vir Suid-Afrikaanse regering gehad met die aanlyn-gesprek. Daar is verwys na strukturele onbuigsaamhede wat private beleggings afdruk en inklusiewe groei en werkskepping belemmer. Die IMF het vir onmiddellike optrede gevra.

“Ons stem saam met basies alles wat die IMP uitlig en aanvra. Veral die feit dat minimumloon werkloosheid opstoot. Die IMF sien al die probleme raak: te veel skuld, swak infrastruktuur, te veel toelaes, ens.,” sê Mnr. John Rankin TLU SA Streeksvoorsitter: Wes.

Rankin is wel versigtig die aanvra van hoër rente koerse. “Dit sal wel inflasie afbring, maar dit gaan volgens my ook ekonomiese groei bemoeilik.”

Mnr. Bennie van Zyl, TLU SA Hoofbestuurder, voeg by: “ Die ANC se beleid word behoorlik blootgestel deur die IMF. Dit is goed om te sien die wêreld sien raak dat die ANC-beleid nie in staat is om die ekonomie te red nie. Ek is dankbaar die IMF wys dit uit. Die probleem is ongelukkig dat met SEB en kader-ontplooiing die kundigheid om die regte dinge te implementeer nie noodwendig meer daar is nie. Die ANC moet hul transformasiebeleid eenkant toe skuif en ’n ekonomiese beleid daarstel wat die toets van  die markkragte in alle opsigte sal slaag.”

 

Foto: dailysabah.com