James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

TLU SA by Nampo Kaap

TLU SA is by vanjaar se Nampo Kaap in Bredasdorp en nooi boere uit om oor die pad vorentoe vir landbou te kom gesels.

Nampo Kaap is van 14-17 September in Bredasdorp by Bredasdorp-park.

Mnr. Bennie van Zyl, Hoofbestuurder, en Mnr. Mauritz Lombard, Bestuurder: Beleidsake, sal TLU SA hier verteenwoordig.

“Boere is baie welkom om by TLU SA se stalletjie ’n draai te kom maak en met ons te gesels oor enige saak wat hulle op die hart het. Sake soos landbou-finansiering en ons standpunt rakende die regering se landbouplan of sake wat by ons Kongres voorgekom het, is van die punte wat alle boere raak,” sê mnr. Van Zyl.

TLU SA wil van die geleentheid gebruik maak om uit te reik na die gemeenskap.

“Ons as TLU SA bly steeds daartoe verbind om alles in ons vermoë te doen om na die beleidsomgewing te kyk en te sien wat gedoen kan word om ons boere wat tans op die grond is veilig en volhoubaar in produksie te hou. Ons wil hoor wat boere daar buite se standpunte is en wat hulle bekommer. Aan die einde van die dag is landbou een groot familie. Dit is vir ons belangrik dat elke boer – of hy nou TLU SA lid is of nie – veilig en volhoubaar op sy plaas moet bly. Een boer se teenspoed is tot nadeel van die onmiddellike gemeenskap en die land se ekonomie.”

Hektye is daagliks van 08:00-17:00. Toegangsgeld is R80 per volwassenes.

Kategorie:

Deel dit:

TLU SA by Nampo Kaap