James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

TLU SA maak kapsie teen verpligte, duur watermeters vir besproeiingsboere

TLU SA het vandag in ‘n amptelike brief aan die Minister van Waterwese en Sanitasie, me. Lindiwe Sisulu, kapsie gemaak teen ‘n kennisgewing oor die verpligte installering van watermeters vir besproeiingsboere.

Die kennisgewing is op 17 Januarie 2020 in die Staatskoerant gepubliseer en gee aan boere dertig dae om die meters op eie onkoste te installeer. Enige watergebruikers wat nie lede van ‘n besproeiingsraad of watergebruikersvereniging is nie, moet die watermeters installeer. Die doel daarvan is, volgens die departement, om die volhoubaarheid van watergebruik in Suid-Afrika te verseker omdat die vraag na water in die land die beskikbaarheid daarvan oorskry.

“TLU SA stem saam dat watergebruik in die land beter gemonitor moet word,” sê mnr. Steven Vermaak, die voorsitter van TLU SA se Waterkomitee. “Maar die gesloer met die vestiging van watergebruikersverenigings is ‘n meer drukkende saak wat eers aandag moet kry en sal bydra om die gebruik van water meer effektief te bestuur. Ons het in die skrywe versoek dat die installering van meters dus uitgestel moet word totdat hierdie verenigings gevestig kan word.”

‘n Enkele 50mm-watermeter wat aan die spesifikasies soos deur die departement bepaal voldoen, beloop sowat R18 000, maar hoe groter die in- en uitlaat, hoe duurder word die meter. Die kwaliteit van die water waarmee besproei word, is ook van so aard dat filters aangebring moet word, wat die koste nog verder sal opstoot. Sommige besproeiingsboere sal tien of meer meters moet aanbring.

Daar word verder van boere verwag om maandeliks die lesings van die meters te neem en dit in ‘n voorgeskrewe formaat aan die departement te stuur.

“Die meting van watergebruik is die verantwoordelikheid van die staat en nie van die watergebruikers nie,” sê mnr. Vermaak. “Die owerhede kwyt hulle baie swak van die taak om watergebruik te bestuur. Daar is bowenal nie eers genoeg watermeters in die land beskikbaar, om aan hierdie opdrag te voldoen nie.

“TLU SA is van mening dat die watergebruikersverenigings ook ‘n belangrike rol kan speel om die dispuut tussen TLU SA-lede en die departement oor die betaling van fakture, op te los,” sê mnr. Vermaak. “Dit sal ook bydra om die bestaande, lang kommunikasielyn te verkort en om probleme met waterlewering rekeninge vinniger op te los.”

Verskeie aansoeke vir die vestiging van watergebruikersverenigings is nog nie deur die departement verwerk nie, hoewel sommige van die aansoeke al meer as vyf jaar gelede ingedien is.

 

Kategorie:

Deel dit:

TLU SA maak kapsie teen verpligte, duur watermeters vir besproeiingsboere

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.