James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

TLU SA nuwe aanstellings

Na die aftrede van Gen. Maj. Chris van Zyl is daar besluit om twee persone aan te stel by TLU SA se Hoofkantoor.

Ons wil graag baie welkom sê aan dr. Gawie Lötter wat jare se ondervinding in die SA Weermag het en die diens verlaat het met die rang van Kolonel en daarna in die akademiese wêreld as professor in strategiese kommunikasie sy stempel afgedruk het.     Ook welkom aan Mauritz Lombard wat in die Weermag spesialis ondervinding opgedoen en klaar gemaak met die rang van Lt. Kol. en het as regspraktisyn gepraktiseer.

Die besonderse kundigheid wat hul gaan toevoeg tot TLU SA word hoog geag. Ons wil die wens uitspreek dat hulle baie jare tot diens van ons lede ’n bydrae sal lewer. Buiten ander take sal Gawie vir die Veiligheidskomitee administratiewe ondersteuning gee en Mauritz aan die Plaaslike Regeringkomitee.

Kategorie:

Deel dit:

TLU SA nuwe aanstellings