Klik hier en maak 'n bydrae tot die TLU SA Traumafonds
Maak 'n bydrae tot TLU SA Traumafonds: Klik hier

Die tyd het weer aangebreek vir die eerste voorbereidings vir deelnemers aan die jaarlikse Goliat van Gat Pampoenfees – ‘n inisiatief van TLU SA.

“Ons herinner graag al ons voornemende deelnemers om nou met grondvoorbereiding te begin en die pitte te koop vir 2021 se kompetisie,” sê mnr. Henri Combrink, die organiseerder. “Die pitte is oudergewoonte by TLU SA se hoofkantoor in Silverton beskikbaar, maar kan ook landwyd afgelewer word.”

Die 2021 Goliat van Gat Pampoenfees word weer in Pretoria aangebied en meer besonderhede sal in aanloop tot die geleentheid in Maart 2021 bekend gemaak word. Belangstellendes kan ook die fees se Facebookblad besoek om hoogte van verwikkelinge te bly.

 

Die pampoene word in die volgende kategorieë beoordeel:

Grootste pampoen – R15 000;

Grootste pampoen in Gauteng – R3 000;

Tweede plek – R5 000;

Derde plek – R3 000;

Mooiste pampoen;

Lelikste pampoen;

Junior pampoenkweker onder 16 jaar;

Oorspronklikste pampoen vir versierde pampoene;

Grootste ander groentegewasse.

 

Uitgereik deur:          TLU SA

Datum:                       30 September 2020

Navrae:                       Mnr Henri Combrink, Organiseerder

                                    Sel.: 082 552 9428 of culliboer@gmail.com

Mev Lynette du Plessis, Streeksbestuurder TLU SA Sentraal,

                                    Sel.: 012 804 8031 of sentraal@tlu.co.za

Sluit aan

Nuusbriewe
Checkboxes

Kontak Ons