James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

TLU SA stel veldtog bekend om veiligheidsuitgawes belastingaftrekbaar te maak

TLU SA het vandag ‘n veldtog bekendgestel om die Belastingwet so te verander dat alle Suid-Afrikaners enige veiligheidsuitgawes teen belasting kan verhaal.

Afdeling 23(b) van die Belastingwet verhoed Suid-Afrikaners om veiligheidsuitgawes van inkomstebelasting af te trek. Hoewel besighede reeds sodanige uitgawes kan aftrek, wil TLU SA met hierdie veldtog spesifiek daarop fokus om verbruikers – as deel van die landbou waardeketting – ook hierdie noodsaaklike voordeel te bied.

TLU SA het ‘n lys saamgestel van noodsaaklike uitgawes wat elke huishouding in Suid-Afrika van belasting behoort te kan verhaal:

  • veiligheidsmure;
  • sekuriteitskameras;
  • alarms;
  • elektriese omheining;
  • lemmetjiesdraad;
  • waghonde;
  • 24-uur monitering en gewapende reaksie dienste;
  • huisversekering;
  • ander tuissekuriteitsmaatreëls en -toerusting; en
  • uitgawes verwant aan die onderhouding van bogenoemde items.

Die lys sal aangepas word soos wat TLU SA terugvoer ontvang oor bykomende veiligheidsuitgawes.

“Talle Suid-Afrikaners se vryheid is al aangetas omdat hulle slagoffers van misdaad was,” sê mnr. Henry Geldenhuys, die president van TLU SA. “Die Grondwet vereis dat die staat ons beskerm teen sulke aanvalle. Dat die staat geheel en al hierin misluk het, is ooglopend deur net na die staat se eie statistiek te kyk.”

Volgens StatsSA (Statistieke Suid-Afrika) is huisbraak of diefstal die nommer een misdaad in Suid-Afrika. ’n Beraamde 1,2 miljoen gevalle van huisbraak het in die 2019/20 statistiese jaar plaasgevind, en 891 000 huishoudings in ons land geraak. Suid-Afrikaners wat in afgeleë gebiede bly, soos dié op plase, is besonder kwesbaar, aangesien hulle ver weg van enige vorm van bystand bly.

“In die lig van die uiterste gevaar waarin Suid-Afrikaners daagliks verkeer, is dit skandelik dat veiligheidsuitgawes wat deur die belastingbetaler aangegaan word om hulle woning te beveilig, nie van hulle inkomstebelasting afgetrek kan word nie,” sê mnr. Geldenhuys.

Volgens Afdeling 77 van die Grondwet het slegs die minister van finansies – mnr. Tito Mboweni – egter die mag om die bogenoemde wysiging in werking te stel.

“Ons doen ’n beroep op alle vredeliewende Suid-Afrikaners, ongeag van ras, geslag of politiese oortuigings, om met een stem by ons aan te sluit en te eis dat die minister die wet wysig sodat ons onsself kan beskerm,” versoek mnr. Geldenhuys.

Enigiemand kan hierdie petisie deur TLU SA se platform ondersteun deur ‘n e-pos direk aan Minister Mboweni te stuur by hierdie skakel: https://www.tlu.co.za/vryheid-teen-misdaad/.

 

Uitgereik deur:          TLU SA

Datum:                       23 Februarie 2021

Navrae:                       Mnr Henry Geldenhuys, President TLU SA,

                                    Sel.: 083 560 1273

Mnr Bennie van Zyl, Hoofbestuurder TLU SA,

                                    Sel.: 082 466 4470

Kategorie:

Deel dit:

TLU SA stel veldtog bekend om veiligheidsuitgawes belastingaftrekbaar te maak

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.