TLU SA stel veldtog oor droogte bekend

TLU SA stel vandag ‘n veldtog bekend waarmee die regering versoek word om droogtehulp sonder voorbehoud aan boere te verskaf.

“In gebiede soos Fraserburg in die Karoo (Noord-Kaap), waar die droogte al vir drie jaar lank knel, is die situasie reeds by kritiek verby,” sê mnr. Louis Meintjes, die president van TLU SA. “Uit die Graaff-Reinet, Murraysburg en Aberdeen-omgewing kry ons boodskappe wat smeek vir weiding vir beeste, skape en bokke. Daar is so te sê geen weiding in die veld oor nie.

“Ons verneem elke dag persoonlik hoe verskriklik swaar dit met ons boere gaan – sommige boere is so moedeloos dat hulle hulle eie lewens neem. Die droogte dwing boere om hulle brandmaer vee te slag omdat hulle eenvoudig nie meer vir hulle voer het nie en die diere ly. Saaiboere sit met opgehoopte skuld en finansierders wat in hulle nekke blaas, omdat hulle in sekere streke die afgelope vyf jaar geen noemenswaardige oeste kon maak nie. Implemente moet verkoop word om net aan die lewe te bly.

“Maar steeds word daar nie rampgebiede verklaar nie en word droogtehulp net selektief, meestal aan opkomende boere, gebied. Dit is onaanvaarbaar en wreed.”

Met die veldtog word die regering versoek om – soos die droogte – nie te diskrimineer wanneer dit by droogtehulp kom nie. Suid-Afrikaners kan deur die veldtog ook bydra om TLU SA se Droogtefonds, wat reeds uitgeput is, finansieel te versterk.

TLU SA tree as ‘n middelman op om verskaffers in die waardeketting te vra om die risiko – veral in droogtetye – te versprei sodat die boere die mas kan opkom. TLU SA verskaf ook fondse aan onder meer die koöperasies om droogtepille direk aan boere te verskaf sodat daar nie nog ekstra geld aan vervoer en logistiek spandeer hoef te word nie. Plaaslike boere-unies onder TLU SA se vaandel span kragte saam om voer en selfs kos aan die boeregemeenskappe te lewer.

“Die naweek het ons by Williston in die Noord-Kaap gesien hoe boere kilometers ver staan en wag om voer en kos wat vir hulle gesinne en werkers geskenk is, te ontvang,” sê mnr. Meintjes. “Groot boere staan en huil van dankbaarheid en mismoedigheid. Ons sal aanhou help soos wat ons kan, maar ons het hulp van buite die tradisionele landboustrukture nodig.”

Ondersteun die veldtog deur hierdie skakel te volg: https://www.tlu.co.za/droogte/

 

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.