James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

TLU SA teken samewerkingsooreenkoms met Voortrekkermonument en Erfenisstigting

TLU SA,  die Voortrekkermonument en die Erfenisstigting het op Woensdag 16 Februarie ’n boom geplant in die historiese trekroetetuin by die Voortrekkermonument ter herdenking van die Voortrekkers wat op 16-17 Februarie 1838 by Bloukrans en Weenen vermoor is en ook vir die slagoffers van plaasmoorde en aanvalle wat die land vandag beleef.

TLU SA sien die Koraalboom as lewendige simbool van groei en hoop vir die toekoms ongeag die veiligheidsomstandighede waaronder ons boere gebuk gaan.

Vir ons is dit in aansluiting met ons geskiedenis ’n lewendige monument wat ons vasberadenheid en geloofsbegronding vir die toekoms bevestig. Die Voortrekkermonument is ons sin en is dit belangrik om dit wat daar versinnebeeld word te koester en ook met trots uit te dra aan ons eie maar ook alle ander mense.

Ons wil ons lede ook aanmoedig om die Voortrekkermonument deel te maak van jul verwysingsraamwerk en aan ons jeug die ervaring daar te laat beleef.  Die instandhouding en voortgaan van dié monument lê uitsluitlik in ons eie hande en wil ons al ons lede aanmoedig om vriende van die Voortrekkermonument te word – ons skuld dit aan ons nageslag.

 

Kategorie:

Deel dit:

TLU SA teken samewerkingsooreenkoms met Voortrekkermonument en Erfenisstigting