Klik hier en maak 'n bydrae tot die TLU SA Traumafonds
Maak 'n bydrae tot TLU SA Traumafonds: Klik hier

TLU SA moedig Suid-Afrikaners aan om teen die wysiging van die bestaande Onteieningswet (Wet 63 van 1975) kommentaar te lewer.

Die parlementêre portefeuljekomitee vir openbare werke en infrastruktuur het einde November ‘n voorlegging hieroor goedgekeur en dit is nou vir kommentaar van die publiek oopgestel. Die bestaande wet is volgens die regering strydig met die transformasiemandaat van die Grondwet.

“Ons is teen hierdie wetsontwerp gekant omdat die definisie vir onteiening daarin ‘n deur oopmaak vir die regering om enige eiendom van enige persoon af te neem of te gebruik sonder vergoeding,” sê mnr. Henry Geldenhuys, die president van TLU SA. “Suid-Afrikaners – nie net boere nie – moet verstaan dat dit nie net grond is wat in gedrang is nie. Die regering kan dan ook pensioene, huise en beleggings afneem aangesien die Grondwet reeds bepaal dat bates nie tot grond beperk is nie.”

Die publiek het nou sestig dae – tot 10 Februarie 2021 – geleentheid om oor die voorgestelde wetswysiging kommentaar te lewer. TLU SA het ‘n platform geskep waar Suid-Afrikaners oor die wet kan kommentaar lewer. Hierdie kommentaar sal dan ook deel van TLU SA se mondelinge voorlegging aan die parlement.

“Hierdie wet is ‘n aanslag op privaat besitreg,” sê mnr. Geldenhuys. “Dit is van uiterste belang dat die publiek hulle teenkanting hieroor uitspreek deur deel te neem aan die proses van kommentaar. As privaat besitreg nie meer geld nie, is kommunisme ons voorland.”

**Die platform is beskikbaar by hierdie skakel: https://www.tlu.co.za/onteieningswet/

 

Uitgereik deur:          TLU SA

Datum:                       11 Desember 2020

 

Navrae:                       Mnr Henry Geldenhuys, President TLU SA,

                                    Sel.: 083 560 1273

Mnr Bennie van Zyl, Hoofbestuurder TLU SA,

                                    Sel.: 082 466 4470

Sluit aan

Nuusbriewe
Checkboxes

Kontak Ons