James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

TLU SA verwelkom arrestasie van Standerton-polisielid in groot veediefstalsaak

TLU SA neem kennis van die inhegtenisname van ’n 34-jarige polisielid, verbonde aan die Standerton Veediefstaleenheid, op aanklag van betrokkenheid by veediefstal ter waarde van meer as R450 000. Hierdie arrestasie volg ná maande se ondersoekwerk, en word verbind met veediefstal in die Standerton-, Perdekop- en Greylingstad-gebied.

Dit is besonder ontstellend dat ’n polisielid wat juis moes help om veediefstal te bekamp, vermoedelik sy posisie misbruik het om homself te verryk, meen TLU SA. 

“Hierdie arrestasie wys duidelik dat geen persoon bo die reg verhewe is nie. Ons verwelkom die inhegtenisname en ondersteun die petisie dat borg teen hierdie verdagte teengestaan word,” sê Henry Geldenhuys, president van TLU SA.

TLU SA spreek sy waardering uit teenoor adjudant Hennie Koch vir sy jarelange, onbaatsugtige toewyding om veediefstal die stryd aan te sê. “Dankie, adj. Koch, vir die maande se harde werk en deursettingsvermoë. Jy stel ’n voorbeeld van wat toegewyde polisiewerk behoort te wees. Ons is werklik dankbaar vir jou puik werk,” sê Geldenhuys.

Ook boere soos Celia Beukes van die Chrissiesmeer-distrik, wat saam met adj. Koch in ondersoekwerk en inligting deelneem, speel ’n onmisbare rol. TLU SA glo dat hierdie samewerking tussen toegewyde boere en eerlike polisielede nie net resultate oplewer nie, maar ook help om gemeenskappe se vertroue in die polisie ’n broodnodige hupstoot te gee.

Ronnie Schilling, TLU SA se Oosstreek-bestuurder, sluit hierby aan: “Hierdie arrestasie bevestig dat volgehoue druk en deeglike ondersoekwerk resultate lewer. Dit is ’n belangrike stap in die regte rigting om boere se vertroue te versterk dat veediefstal nie ongestraf sal voortgaan nie.”

Volgens TLU SA toon hierdie geval dat die misbruik van gesagsposisies groot skade aan gemeenskappe en die polisie se beeld berokken, maar dat regverdige optrede en toegewyde ondersoekbeamptes die vertroue weer kan herstel.

Die verdagte verskyn reeds in die plaaslike hof, terwyl die saak voortgesit word.

Kategorie:

Deel dit:

TLU SA verwelkom arrestasie van Standerton-polisielid in groot veediefstalsaak

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.