Klik hier en maak 'n bydrae tot die TLU SA Traumafonds
Maak 'n bydrae tot TLU SA Traumafonds: Klik hier

TLU SA het geen simpatie met die minister van polisie, mnr. Bheki Cele se slapelose nagte oor die onaanvaarbare agterstand met DNS-toetse in die polisie se forensiese afdeling nie. Hy is die oorsaak van die agterstand en behoort opsy te staan sodat ‘n kundige persoon sy gemors kan opruim.

TLU SA het reeds in Maart vanjaar ‘n petisie van stapel gestuur om die minister se kop te laat rol. Onder sy wanbestuur van die departement is die SAPD se vuurwapen register en die stelsel wat DNS-bewyse stoor afgeskakel voordat daar enige alternatiewe stelsel in plek was. Hy het gister in die parlement erken dat meer as 200 000 bewyse onverwerk lê en wag. In Januarie en Februarie het die forensiese afdeling nie eers die nodige middels gehad om DNS-monsters te verwerk nie en Cele het eers later daarvan uitgevind.

“Hoe erg moet ‘n minister in hulle pos droogmaak om afgedank te word?,” vra mnr. Henry Geldenhuys, die president van TLU SA. “Hoeveel gesteelde wapens of selfs dienspistole moet in die hande van misdadigers land voordat daar teen Cele opgetree gaan word? Hoeveel boere, gesinne en plaaswerkers moet in vrees vir hulle lewens wag op nog ‘n aanval omdat DNS-bewyse nie verwerk word nie?

“Die situasie is onaanvaarbaar en ons doen ‘n dringende beroep op President Ramaphosa om Minister Cele onmiddellik af te dank”.

TLU SA sal nou ook ‘n skrywe aan die Portefeuljekomitee oor Polisie rig dat die minister uit sy pos ontslaan moet word.

“Cele moes nooit as die minister van polisie aangestel geword het nie,” sê mnr. Geldenhuys. “Hy is in 2013 afgedank as polisiekommisaris oor korrupsie. Hoe op aarde het dit hom nie gediskwalifiseer as ‘n kandidaat in enige pos te doen met wet en orde nie?”

Ondersteun gerus TLU SA se petisie om Cele afgedank te kry, by hierdie skakel: https://www.tlu.co.za/tsamaea-cele/

 

 

Uitgereik deur:          TLU SA

Datum:                       12 Mei 2021

Navrae:                       Mnr Henry Geldenhuys, President TLU SA,

                                    Sel.: 083 560 1273

Mnr Bennie van Zyl, Hoofbestuurder TLU SA,

                                    Sel.: 082 466 4470

Sluit aan

Nuusbriewe
Checkboxes

Kontak Ons