James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

TLU SA vind wapenvoorstelle absurd

TLU SA vind die voorgestelde veranderinge aan die Wapenwet nie net absurd nie, maar ook teenstrydig met die Suid-Afrikaanse grondwet.

Die Grondwet van Suid-Afrika bepaal in die Handves van Menseregte dat elke persoon die reg tot ‘n veilige omgewing het. Aangesien die regering klaaglik daarin faal om Suid-Afrikaners se veiligheid te waarborg, moet elke persoon die reg hê om daardie beskerming self oor te neem.

“Suid-Afrikaners is soos dinge staan, reeds soos voëls op ‘n tak wat links en regs moet koes vir skote wat afgevuur word, letterlik en figuurlik,” sê mnr. Henry Geldenhuys, die president van TLU SA. “Solank as wat misdaad in die land hoogty vier en die regering nie die veiligheid van elke Suid-Afrikaner kan waarborg nie, is die voorstel dat vuurwapens nie vir selfverdediging gebruik mag word nie belaglik.

“Om te verwag dat boere, wat verafgeleë en afgesonderd is, hulleself nie mag beskerm nie, is ondenkbaar.”

Die nuutste misdaadstatistiek toon ‘n styging in aanvalle en moord met plaasaanvalle op 103 en plaasmoorde op 16 net vanjaar. Dit is algemene kennis dat die polisie nie genoeg werkende voertuie, uniforms of selfs toerusting het om hulle werk na behore uit te voer nie. Sommige polisiekantore se telefone word eenvoudig nie geantwoord nie. Sommige polisielede is deel van die korrupsie wat die diens verswak. Die minister van polisie, Bheki Cele is die hoofoorsaak dat die land sit met ‘n agterstand in die verwerking van DNS-monsters en vuurwapenaansoeke.

“Hoekom spandeer die regering nie eerder tyd, geld en hulpbronne daaraan om eers die onwettige wapens in die hande van bendelede en ander misdadigers te verwyder in plaas van om wettige vuurwapeneienaars te teiken nie?” vra mnr. Geldenhuys. “Hoekom word daar nie tyd en geld spandeer aan sigbare polisiëring, hulpbronbestuur en die beskerming van boere nie?”

TLU SA sal in die geval waar sulke voorstelle deurgevoer word, daarop aandring dat die regering finansieel aanspreeklik gehou word vir enige uitgawes wat spruit uit ‘n geweldsmisdaad indien die slagoffers of naasbestaandes nie in selfverdediging kon optree nie.

“Hierdie voorstelle sal geensins die misdaadprobleem in Suid-Afrika oplos nie,” sê mnr. Geldenhuys. “Dit sal net daartoe lei dat vuurwapeneienaars oor die gebruik van vuurwapens lieg of die proses heeltemal systap deur wapens onwettig te gebruik.”

TLU SA het intussen reeds na verteenwoordigende organisasies wat dieselfde uitkoms nastreef uitgereik om oor hierdie kwessies te vergader.

 

 

Uitgereik deur:          TLU SA

Datum:                       24 Mei 2021

Navrae:                       Mnr Henry Geldenhuys, President TLU SA,

                                    Sel.: 083 560 1273

Mnr Bennie van Zyl, Hoofbestuurder TLU SA,

                                    Sel.: 082 466 4470

Kategorie:

Deel dit:

TLU SA vind wapenvoorstelle absurd

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.