James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

TLU SA voorspel verdere afgraderings van staatsentiteite na Moody’s se rommelstatus vir Landbank

Die afgradering van die Landbank na rommelstatus deur die kredietgradeerder Moody’s Inverstors Service is maar net die begin van finansiële uitdagings wat die landboubedryf vanjaar verder gaan knou. 

“Dit raak voortdurend moeiliker om ‘n positiewe gesindheid oor die toekoms van landbou in Suid-Afrika te hê,” sê mnr. Louis Meintjes, die president van TLU SA. “Nie net moet ons boere daagliks sukkel om kop bo water te hou met uitdagings soos plaasveiligheid, onredelike arbeidswette, veesiektes, droogte en beperkte uitvoergeleenthede as gevolg van swak ekonomiese toestande nie, maar nou word hulle nog verder in skuld gedompel deur ‘n afgradering van die Landbank wat vir die meerderheid boere krediet verskaf.”

Die Landbank word reeds sedert November 2019 dopgehou en is na die gradering een keep laer op Ba1, wat dit in rommelstatus plaas. 

“Dit gaan nou duurder vir die Landbank word om besigheid te doen want die bank is afhanklik van fondse van elders om krediet aan kliënte te verskaf,” verduidelik mnr. Meintjes. “As gevolg van die afgradering sal die Landbank nou meer moet betaal vir die fondse wat sal lei tot ‘n verhoging in die rentekoers vir hulle kliënte.” 

Volgens Moody’s is die gradering gedoen omdat hulle nie voorsien dat die regering in die toekoms genoeg speling sal hê om staatsentiteite te ondersteun nie. Die afgradering van die Landbank is net die begin van afgraderings van verskeie staatsentiteite en uiteindelik die land self. 

Moody’s is die enigste kredietgradeerder wat Suid-Afrika nog nie na rommelstatus afgradeer het nie. Die volgende graderingsbesluit van Moody’s word in Maart geneem en ander kredietgradeerders soos Standard & Poor’s en Fitch Ratings sal waarskynlik na die begrotingsrede op 13 Februarie ‘n besluit neem oor verdere graderings. 

“Vir TLU SA is dit ‘n verdere dolk in die hart dat die Landbank – wat in 1905 op die versoek van TLU SA gestig is – as gevolg van jarelange onbekwame bestuur en wanbesteding nie in sy mandaat kon slaag nie en waarskynlik verantwoordelik gaan wees vir die ondergang van verskeie boere.” 

Kategorie:

Deel dit:

TLU SA voorspel verdere afgraderings van staatsentiteite na Moody’s se rommelstatus vir Landbank

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.