James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

TLU SA vra aandag vir landbou-uitdagings in ope brief aan die President

TLU SA het vandag ’n ope brief aan president Cyril Ramaphosa uitgereik, waarin die organisasie hul standpunte en kommerpunte oor die huidige stand van sake in Suid-Afrika uiteensit. Die brief poog om op konstruktiewe wyse by die openbare gesprek aan te sluit en die uitdagings wat landbouprodusente en gemeenskappe raak, onder die President se aandag te bring.

Geagte mnr. Ramaphosa

Vandag kan ons net vir u sê: “Look at the scoreboard”. U maak baie gewag om ’n beeld uit te straal dat dit eintlik goed gaan met Suid-Afrika. Die harde werklikheid is dat die inwoners van Suid-Afrika al hoe meer sukkel om u te glo. Die feit dat die ANC in 1994 die sterkste ekonomie in Afrika geërf het met werkende instellings, funksionele infrastruktuur, relatief lae misdaadsyfer met ’n lae werkloosheidsyfer moet die vraag noodwendig gevra word: Wat is tans die situasie ten opsigte van al hierdie aspekte? Mnr. Ramaphosa, jou telkaart lyk nie goed nie. In die afgelope 30 jaar het die ANC beleid net Suid-Afrika se mense se toekoms hulle ontneem.

Die korrupsie op al die vlakke van die regering het al endemies geraak. Ondersoek na ondersoek en aankondiging na aankondiging word gereeld gehoor ten opsigte van u optrede daarteen. Ongelukkig sien ons nêrens die praktiese uitvoering daarvan om skuldiges aan die pen te laat ry nie. U geloofwaardigheid ten opsigte van misdaadbekamping word as gevolg van die gebrek aan optrede ernstig in gedrang gebring.

As regering het julle ’n grondwetlike plig om na die veiligheid van die inwoners om te sien. Dit begin by ’n politieke wil om daardie verantwoordelikheid na te kom. As regering moet julle rekenskap gee oor die misdaadhantering. Die syfers spreek vanself en bring die ondersoek tans aan die gang oor die SAPD se integriteit en vermoë om as die swaardmag van die staat die inwoners te beveilig verdere verwydering van die publiek. Die SAPD behoort die inwoners se grootste vriend te wees, maar ongelukkig is die vertroue in hulle tans op ’n rekord laagtepunt.

In hierdie omstandighede word daar ‘n wysigingswet ten opsigte van vuurwapens voorgestel waar die wetsgehoorsame inwoners van die land uitgelewer sal wees aan kriminele wat steeds oor voldoende onwettige vuurwapens beskik. Die ontneming van vuurwapens op welke wyse, veral vir ons plaasboere, maar ook andersins kan gegewe die misdaad werklikhede gesien word as ‘n misdaad teen die inwoners van ons land.

Terwyl u die nasie toespreek met mooi woorde oor hoe wonderlik dit gaan, word daar oor dieselfde naweek verdere moorde gepleeg waarvan die brutaliteit daarvan op ’n bejaarde boer, terwyl sy vrou moet toekyk, nie beskryf kan word nie. As staatshoof is u verantwoordelik vir die beveiliging van die inwoners, maar steeds swyg u soos die graf.

Terwyl die ongeveer 35 000 kommersiële boere seker meer as 90% van die voedsel van Suid-Afrika produseer wat as seker die grootste strategiese bate van die land beskou kan word ervaar ons ’n afwesige regering wanneer dit by hulle veiligheid en ondersteuning kom. Indien u enigsins die verantwoordelikheid van die posisie waarbinne u tans sit ernstig sal opneem sal u:

  • Plaasaanvalle as ’n prioriteitsmisdaad verklaar en dan die nodige ondersteuning daarstel met opgeleide en toegeruste SAPD lede wat vanuit ’n gesuiwerde SAPD, wat vertrou sal word hul verantwoordelikheid in samewerking met die gemeenskap sal kan uitvoer;
  • Dat daar daadwerklik uitspraak deur u as president gemaak sal word teen diegene wat net eenvoudig volhard om ’n klimaat te skep met sogenaamde “struggle” liedjies waar daar gesing word “kill the boer, kill the farmer” Indien die situasie omgedraai word en sodanige liedjies tot nadeel gesing word oor bv politici sal dit dadelik aangespreek word as haatspraak.
  • Die misbruik van SEB wetgewing om enkele kaders te verryk tot nadeel van al diegene wat tans werkloos is as gevolg van ’n kwynende ekonomie wat u beleidsomgewing veroorsaak vereis dat sodanige wetgewing afgeskaf moet word. Fokus op kundigheid en daardie aspekte wat die ekonomie sal laat groei.

Die resultate van u transformasiebeleid is daar vir almal om te sien. ’n Werkende land is omgeskakel na ’n land wat vir aalmoese bedel by die lande wat wel weet wat dit verg om welvaart te skep deur ’n gesonde beleidsomgewing daar te stel en dan te werk met verantwoordelikheid.

U soek ’n sondebok wat volgens u misinformasie aan die VSA gaan oordra. Die gevolge van dit wat u regering oor 30 jaar heen nie vermag het nie, die infrastruktuur wat tot niet gegaan het, die korrupsie en selfverryking van kaders is daar vir almal om te sien. Die waarheid van Suid-Afrika word deur uself en u ondersteuningsbasis aan die wêreld oorgedra. Om die werklike sondebok te vind behoort baie maklik vir u te wees deur net in ’n spieel te gaan kyk. U kan net vir solank mooi broodjies bak vir die Internasionale gemeenskap en hofsake dryf terwyl u eie mense aan erger gruwels bloot gestel word. Die waarheid kom telkens na vore en kan nie vir ewig verdoesel word as waninligting nie. Die intelligensie-agentskappe van die groot moondhede is baie goed ingelig oor wat in die wêreld aangaan sonder om enigsins hoef staat te maak op burgerlike organisasies.

Suid-Afrika se inwoners soek ’n stabiele toekoms vir ons kinders. Ons wag vir u optrede en standpuntinname wat sal wys of die land se mense se toekoms u erns is en of dit maar op die einde van die dag net gaan oor die kaders se sakke en die voortbestaan van die ANC.

Kategorie:

Deel dit:

TLU SA vra aandag vir landbou-uitdagings in ope brief aan die President

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.