James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Toename in plaasaanvalle

Plaasaanvalle is weer aan die toeneem en die wreedheid van die aanvalle is ontstellend.

Die wreedheid van onlangse plaasmoorde op ’n boer van Waterval-Boven (om net sy bakkie te steel) en ’n boer van Delmas is uiters kommerwekkend.

“Een plaasaanval of -moord, is een te veel. Namens TLU SA spreek ons ons medelye uit teenoor Gideon Swart se familie en vriende. Sy broer Ruben boer op buurplaas en is TLU SA-lid. Ook die familie van die Delmas-boer is in ons gebede,” sê dr. Gawie Lötter, TLU SA Bestuurder: Veiligheid.

“Ons sien nie net weer ’n toename in plaasaanvalle en -moorde nie, maar ook eskalering in die wreedheid van die voorvalle. Met die aanvalle is daar gevalle van veediefstal, die steel van plaastoerusting en die diefstal van wapens wat in die verkeerde hande beland. Veral laasgenoemde is uiters gevaarlik.”

Sedert 1990 is daar reeds 2203 plaasmoorde aangemeld. Teen 27 September was daar reeds 33 moorde vir 2022 op die rekordboek.

Daar is ’n duidelike toename in plaasaanvalle. In Junie was daar twee plaasmoorde, maar sedertdien is die getalle aan die toeneem. Julie was daar sewe en in September reeds ses.

Vir TLU SA wys dit op die opportunistiese optrede van misdadigers. Die politieke klimaat met gesprekke wat fokus op onteiening sonder vergoeding, binne-gevegte in die regerende party en oneffektiwiteit van die SAPD is van die faktore wat klimaat skep vir misdadigers om ekstra kanse te vat.

Volgens Lötter is die dawerende stilte van die regering onrusbarend.

“Ons is reeds duidelik bewus dat die toepassing van wet en orde deur die SAPD nie na wense is nie, en met nog wapens in die hande van kriminele, is dit net ’n tydbom wat wag om te ontplof,” voeg Lötter by.

TLU SA veroordeel hierdie plaasaanvalle ten sterkste en verwag van die regering en Minister van Polisie om dieselfde te doen en alle middele tot hul beskikking aan te wend om die misdadigers tot verantwoording te bring.

Kategorie:

Deel dit:

Toename in plaasaanvalle

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.