James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Trump se reaksie is ‘n logiese teenreaksie op korrupsie en wanbestuur

(Fotokrediet: www.gov.za)

TLU SA neem kennis van Amerikaanse president Donald Trump se aankondiging dat hy alle toekomstige finansiering aan Suid-Afrika sal beëindig na aanleiding van president Cyril Ramaphosa se ondertekening van die Onteieningswet. Hierdie besluit sal groot reaksie ontlok, met sommiges wat Trump van onmenslikheid en die ontneem van humanitêre hulp aan dié wat dit die nodigste het, beskuldig.

Dit is egter belangrik om te besef dat Suid-Afrika, as ‘n land, in sekere opsigte reeds steun ontvang van die internasionale gemeenskap, insluitend Amerika, wat jare lank finansiële hulp gegee het met die oog op ekonomiese groei en maatskaplike ontwikkeling. Hierdie hulp word egter dikwels deur korrupsie verswelg en bereik selde die mense wat dit werklik nodig het.

Die Suid-Afrikaanse regering het egter deurlopend optrede en beleid aanvaar wat fundamenteel indruis teen vryemarkbeginsels en eiendomsreg, wat ‘n direkte impak het op beleggings en ekonomiese groei. Om aan te hou om finansiële steun te verwag terwyl beleid geïmplementeer word wat beleggings ontmoedig en ekonomiese agteruitgang bevorder, is onhoudbaar.

Trump het aangedui dat hy 90 dae sal neem om die situasie verder te ondersoek. Indien hy bevind dat die besluit nadelige gevolge het wat nie geregverdig is nie, kan hy die finansiële ondersteuning moontlik hervat. “Dit is egter duidelik dat die voortgesette misbruik van internasionale hulp, wat dikwels as ‘n selfverrykingsmeganisme vir korrupte leiers dien, ‘n deurslaggewende faktor in sy besluit is,” sê Bennie van Zyl, TLU SA se hoofbestuurder.

TLU SA is van mening dat Trump moeg geword het vir die manier waarop Afrika-leiers hulself onttrek aan aanspreeklikheid rakende die besteding van humanitêre hulp. Dit is geen geheim dat korrupsie in Suid-Afrika plaasvind nie en dat miljarde rand se fondse wat vir armoedeverligting en ontwikkeling bedoel was, in sakke van politici en hul bondgenote verdwyn het. Dit is waarskynlik waarom hierdie besluit ‘n reaksie is op jare lange misbruik en nie bloot ‘n eensydige, impulsiewe optrede is nie.

Die moontlikheid moet ondersoek word oor hoe goedbedoelde hulp steeds diegene kan bereik wat dit werklik nodig het, sonder dat die regering daarin ‘n rol speel. Dit is algemeen bekend dat korrupsie en wanbesteding humanitêre programme ondermyn, en dit bly ‘n tragedie dat die mense wat reeds onder ‘n swak regering ly, nou nog verder gestraf word. Alternatiewe meganismes behoort oorweeg te word om te verseker dat internasionale hulp direk by gemeenskappe uitkom en nie in die hande van korrupte strukture verdwyn nie.

Dit is belangrik om te verstaan dat elke aksie ‘n reaksie het. Die vraag is of Trump se besluit nie ‘n teenreaksie is op die korrupsie en misbruik van fondse wat Amerika vir dekades aan Suid-Afrika beskikbaar gestel het nie. Dit is moontlik sy manier om ‘n sterk boodskap te stuur: dat hulp nie bedoel is vir diegene wat hulself wil verryk terwyl die land se burgers in armoede verval nie.

Suid-Afrika beweeg al hoe meer in die rigting van ‘n gesentraliseerde sosialistiese ekonomiese stelsel, soos voorgestaan deur die Nasionale Demokratiese Revolusie. Hierdie beleid hou enorme risiko’s in vir ekonomiese stabiliteit en sal ongetwyfeld verdere armoede en werkloosheid tot gevolg hê. ‘n Sentraal-gereguleerde grondbesitmodel, soos beoog in die Onteieningswet, sal beleggings ontmoedig, ekonomiese groei stuit en Suid-Afrikaners se eiendomsreg in gedrang bring.

TLU SA het nie ‘n probleem daarmee dat daar ‘n Onteieningswet is vir die bekom van grond om vir openbare infrastruktuurontwikkeling te gebruik in belang van die land nie. Die probleem ontstaan wanneer die wet as regverdiging gebruik word om grond in die sogenaamde “openbare belang” te bekom, terwyl die Grondwet reeds bepaal dat openbare belang insluit die nasie se verbintenis tot grondhervorming en gelyke toegang tot hulpbronne. Verder word bates nie net tot grond beperk nie. Dit plaas die wet in ‘n heeltemal ander kategorie rakende hoe dit toegepas kan word, en dit skep nie beleggersvertroue nie.

Baie mense beskou hierdie kommer as onnodige vrese, maar die bewyse is duidelik sigbaar in die wetgewing, uitsprake en optredes van die regering. Suid-Afrikaners moet hulself afvra: Wat ondersteun ek? Waarvoor staan ek? En bowenal, kan ek hierdie regering vertrou om my en my gesin se beste belange te beskerm?

President Ramaphosa het intussen op Trump se reaksie reageer en benadruk dat Suid-Afrika ‘n grondwetlike demokrasie is wat gegrond is op die oppergesag van die reg en gelykheid. Hy voer aan dat die Onteieningswet nie ‘n konfiskasiemeganisme is nie, maar ‘n grondwetlik-verpligte proses om toegang tot grond op ‘n billike wyse te verseker. TLU SA neem kennis van hierdie standpunt, maar bly besorg oor die langtermyngevolge van die beleid. In hierdie verband word dit deurlopend ervaar hoe die ANC met verloop van tyd wegkom met woordspeletjies, terwyl hulle agter die skerms besig is met transformasie-agendas wat dikwels diskriminasie, kaderontplooiing en die bevordering van eie belange behels.

“Ons wag in afwagting om te sien wat voortspruit uit ‘n moontlike vergadering tussen president Trump en president Ramaphosa en of dit enige verandering aan die huidige omstandighede sal bring,” sluit Van Zyl af.

Kategorie:

Deel dit:

Trump se reaksie is ‘n logiese teenreaksie op korrupsie en wanbestuur

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.