James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Verbod moet sterker afgedwing word

Aan die hand van die nasionale verbod op die vervoer van vee – spesifiek beeste –wat nie oral toegepas word nie, maak TLU SA die voorstel dat boere wat sien hoe beeste vervoer word sonder die ingryping van die SAPD dadelik ’n saak teen die betrokke partye (wat die polisie insluit) maak wat nie die wet toepas nie.

Op 18 Augustus is die vervoer van vee opgeskort. Die nasionale verbod is in die Staatskoerant-kennisgewing 46741 verklaar. Ofskoon die verbod groot implikasies het, is dit volgens die Departement van Landbou noodsaaklik om die toenemende verspreiding van Bek-en-Klouseer te stop.

Mnr. Herman de Wet, TLU SA Streekvoorsitter: Natal, het opgemerk dat in KZN beeste nog vrylik vervoer word sonder enige ingryping.

“Ek het reeds meer as een vergadering met die polisie hier gehad en ek is geskok toe ek uitvind dat daar polisielede is wat nie weet van die verbod op die vervoer van beeste nie. Dit is eenvoudig onaanvaarbaar. Hoe kan die SAPD-lede nie weet van die verbod nie? Vir my kom dit neer op dwarsboming van die gereg,” sê mnr. De Wet.

KZN het tans 78 gevalle en die mees onlangse geval is op 29 Augustus aangemeld. Vrystaat en Gauteng het ook op dié datum nog gevalle aangemeld. Daar is tans in totaal 127 gevalle landwyd.

“Hier is hoe ek dit sien: Elke staatsamptenaar kry ’n salaris aan die einde van die maand.  Vee-eienaars gaan nie aan die einde van die maand ’n salaris kry nie, want hy kan nie beeste verkoop nie. Daar is geen veilings nie. En ook geen algemene handel kan plaasvind nie. Lone gaan nie betaal kan word nie en dit beteken kos op die tafel is op die spel vir sommige boere. Meer as 200 000 opkomende boere gaan geen inkomste kry nie!”

Hiermee die dokument wat gebruik kan word vir die indien van klagtes.

Kategorie:

Deel dit:

Verbod moet sterker afgedwing word

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.