Na aanleiding van die vloede wat vroeër vanjaar grootskaalse skade berokken het langs verskeie riviere en veral die Vaal/Oranjerivierstelsel het TLU SA verskeie gesprekke met kundige mense en ook die verantwoordelike persone in die Departement van Waterwese gevoer oor die wyse hoe vloede hanteer word. Boere het selfs aangebied om in die Beheerkamer te gaan sit om saam te besluit oor die oopmaak van sluise al dan nie.

Die hele kwessie van vloedbestuur is nie ’n eenvoudige saak nie en verskeie aspekte word in berekening gebring om te kan besluit of ’n sluis oopgemaak word of nie.  Om enkeles te noem is die beskerming van die dam seker een van die belangrikste faktore, daarna moet die stelsel so bestuur word dat daar ’n vol dam sal wees na afloop van die vloed. Die hele bestuur van die stelsels is gekompliseer met die dat die damme in die Vaal wel sluise het wat die vloei op ’n  beperkte skaal kan reguleer, maar in die Oranje is daar nie beheer daaroor nie, m.a.w wat in moet uit as die dam vol is.

Die Beheerkamer het verskeie meetstasies in die verskillende stelsels wat wetenskaplik bepaal op watter stadium sluise oopgemaak moet word indien wel.

Daar sal geen bydrae gemaak kan word vir ’n boer om wel in die beheerkamer te kan gaan sit nie. Die departement het reeds begin om nou al so deursigtig en volledig moontlik inligting te versprei om boere en ander gebruikers so goed as moontlik in te lig, maar dan ook tydens ’n vloed so goed as moontlik en so vinnig as moontlik inligting beskikbaar te stel.

Die departement beplan om teen ongeveer einde September ’n inligtingsgeleentheid te hou waartydens ons lede ook sal kan inskakel waar boere so goed as moontlik ingelig sal word en ook die onderskeie wyses van kommunikasie beskikbaar gestel sal word. Boere sal tydens die geleentheid kans kry om onduidelikhede te kan uitklaar. Inligting oor die geleentheid sal beskikbaar gestel word sodra ons dit ontvang.

Foto: Wikipedia

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.