James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Voorgestelde wysiging van Art 25 van Grondwet

Dit word betreur dat die ANC volhardend voortgaan met hulle voorstel om die Grondwet te verander sodat onteiening sonder vergoeding van grond voortaan moontlik sal wees. TLU SA het fisies by die Art 25-ad hoc komitee in die parlement gaan getuig sowel as deur middel van die digitale platform by die Portefeulje komitee oor die Onteieningswet insette gegee. Skriftelike kommentaar is ook ingedien om die uiterste kortsigtigheid van hierdie voorstel uit te wys.

In vele opsigte word daar op verskeie terreine ervaar hoe die beleidsomgewing van die ANC Suid-Afrika se toekoms vernietig. Hierdie voorstel – indien dit gaan beslag kry – is seker die grootste waarborg dat beleggings sal opdroog.

TLU SA is ook deel van die Ad Hoc groep vir die beskerming van privaat besitreg waar meer as 50 organisasies koppe bymekaar sit oor hierdie voorgestelde wysiging. Die bal is nou in die binne-parlementêre proses se hande om te bepaal wat met hierdie voorgestelde wet gaan gebeur.

 

 

Foto @pixabay | Pexels

Kategorie:

Deel dit:

Voorgestelde wysiging van Art 25 van Grondwet