Wat gaan aan by jou munisipaliteit?

Dit gons tans by die plaaslike regering se munisipaliteite.  Daar is ‘n geskarrel soos afkop hoenders, vir die wat hulle taak met erns opneem.

Liewe belastingbetaler, dra jy kennis waaroor die geskarrel gaan? Of gaan jy maar net met jou daaglikse take voort?

Ons wil van hierdie geleentheid gebruik maak om die belastingbetaler ‘n bietjie meer insig te gee oor die inpak op rekeninge vanaf 1 Julie 2021 ten opsigte van dienste sowel as eiendombelasting. Die munisipaliteite is tans besig met die Ontwikkelingsplan en begroting se publieke deelname proses. Die raad was reeds sedert einde verlede jaar besig met die dokument wat ongeveer 250 bladsye bevat om enige ontwikkeling binne die gebied te identifiseer, die fondse daarvoor te bewillig en voorsorg te tref dat daar voldoende inkomste is vir hierdie ontwikkeling. Dit is waar jy, liewe belastingbetaler, se beursie ‘n rol gaan speel.

Volgens die munisipale stelsels wetgewing is daar ‘n verpligting op die munisipaliteit se raad sowel as die gemeenskap. Die raad moet die plaaslike gemeenskap konsulteer oor die graad, kwaliteit en omvang van dienste wat verskaf word hetsy direk of deur ‘n diensteverskaffer. Die gemeenskap moet ‘n geleentheid gegun word om toegang tot hierdie dienste te verkry. Die gemeenskap se verpligting en regte is om deelname te geniet in die besluitnemingsproses van die munisipaliteit deur skriftelike of mondelingse insette te lewer. Die gemeenskap moet ook in kennis gestel word van enige besluit wat deur die raad geneem word wat hul regte, eiendom of enige regverdige verwagting mag beïnvloed.

Op 1 Julie 2021 tree die nuwe aanvaarde eiendombelasting en dienste se tariewe in werking. Indien die belastingbetaler dus inspraak hierop wil hê, is dit nou die tyd. Moet nie wag nie, reageer nou. Die raad moet die nuwe tariewe bekend maak met ‘n tydperk waarop daar geleentheid gegun word vir kommentaar en insette. Nasionale Tesourie het per MFMA omsendskrywe no 107 op 4 Desember 2020 reeds aangedui die voorspelling van die Verbruikersprys Indeks sal tussen 3 tot 6 persent wees en daarvolgens moet die munisipaliteit alle verhogings buite hierdie verband regverdig. U as belastingbetaler moet dus kennis neem dat u tariewe hetsy eiendombelasting of dienste, nie summier bo hierdie bandwydte verhoog word nie.

Verder word daar ook ‘n verpligting geplaas dat munisipaliteite die nuwe eiendomkategorie raamwerk implementeer nie later as 1 Julie 2021 nie. Dit beteken dat die nuwe belasbare eiendomkategorie raamwerk gebaseer is op die gebruik van die eiendom en geensins meer op die eienaarskap, geografiese ligging of enige ander basis nie.

Die inwoner moet onmiddellik die raad se resolusie ondersoek om kennis te neem van die verhoging in tariewe. As die resolusie aanvaar word met inagneming van konsultasie en u as inwoner het nie inspraak gehad daarop nie, word die tariewe geïmplementeer. Daar gaan geen ander roete wees om verder op te tree nie. Die inwoner moet ook in ag neem, daar is ‘n persentasie verhoging op die verhoogde bedrag elke jaar. As daar dan ‘n spesifieke jaar ‘n wesenlike verhoging deurglip, is die jare daarna, ‘n donker prentjie.

 

Foto deur cottonbro van Pexels

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.