Werkloosheid en misdaad: Twee kante van dieselfde munt

TLU SA het met groot kommer kennis geneem van die jongste Statistiek SA Kwartaal-Arbeidsmagopname vir die tweede kwartaal van 2024. Hierdie verslag beklemtoon weer eens die ontstellende vlakke van werkloosheid in ons land, wat direk tot die toename in misdaad bydra. Ons staan vas in die oortuiging dat werkloosheid en misdaad onafskeidbaar verbind is.

Sukses in enige ekonomie word gedryf deur ‘n gesonde en florerende privaatsektor. Dit beteken dat diensmaatskappye, fabrieke en landbou-instansies winsgewend moet wees om belasting te betaal en by te dra tot die nasionale ekonomie. Die staat se rol is om ‘n veilige omgewing te skep met betroubare infrastruktuur, konstante kragvoorsiening en goeie vervoergeriewe. Wanneer hierdie voorwaardes nagekom word, raak dit aantreklik vir besighede om te belê en te floreer.

Tans is die situasie egter ver van hierdie ideaal.

Die ANC se transformasiebeleid, gekombineer met kaderontplooiing en SEB, het gelei tot aanstellings gebaseer op politieke bande en ras eerder as kundigheid. Dit het beleggersvertroue ondermyn en baie besighede het hul beleggings onttrek of na veiliger oorde verskuif. Entrepreneurs verlaat die land in soek na beter geleenthede, wat lei tot stadige ekonomiese groei en ’n afname in werksgeleenthede.

Hierdie negatiewe tendens is ’n direkte gevolg van die ANC se beleid.

Hoe bou ons ’n toekoms in sulke omstandighede? Die president kondig gereeld aan dat werkgeleenthede geskep sal word, maar die werklike fokus moet op ekonomiese groei wees. Om dit te bereik, moet die regering ophou inmeng met arbeidsregulasies en eiendomsregte wat onsekerheid skep. Die privaatsektor moet toegelaat word om in ’n vertrouenswaardige omgewing te funksioneer, waar beleggings beskerm word en nie sonder vergoeding onteien word nie.

Ons hoop dat die nuwe RNE ‘n positiewe verskil sal maak, alhoewel ons steeds gebuk gaan onder die nalatenskap van die ANC se beleid. Dit sal tyd neem voordat nuwe beleide ’n merkbare verandering bring.

Die verband tussen werkloosheid en misdaad is soos ‘n tydbom. Sosiale toelaes alleen kan werklose mense nie permanent aan die gang hou nie. Hierdie situasie is die gevolg van die regering se siek beleid.

Die afgelope 30 jaar se beleid het die land se mense benadeel en ekonomiese geleenthede vernietig. Werkloosheid en misdaad is gewortel in die ANC se beleidsomgewing.

Daar moet dringend gekyk word na arbeidswetgewing en die toepassing daarvan, insluitend die minimumloon. Deur die minimumloon af te skaf, kan markkragte die arbeidsmark reguleer en meer mense in diens neem. Vakbonde verteenwoordig tans net diegene wat werk het – daar is niemand wat opstaan vir die werklose mense nie.

TLU SA dring aan op beleidsveranderinge wat werklike ekonomiese groei kan fasiliteer. Slegs deur hierdie benadering kan ons werkloosheid verminder en die misdaadkrisis aanpak. Ons bly verbind tot ons missie om die landbou en breër ekonomie te versterk tot voordeel van al ons mense.

 

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.