James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

20ste Goliat van Gat Pampoenfees

Gaan ons by die 20ste Goliat van Gat Pampoenfees ‘n rekordbreek-bieliepampoen te siene kry? Die huidige rekord van 890kg word gehou deur Wykus Lamprecht. Die gewilde Pampoenfees vind vanjaar op 16 Maart 2024 vanaf 13:00 tot 18:30 by die Pretoria Boeremarkterrein in Silverton plaas.

“Ons hoop is om vanjaar ‘n een ton pampoen te kry en daarom het ons ‘n groot addisionele prysgeld van R25 000 (geborg deur Laeveld Agrochem) daargestel om kwekers aan te spoor,” se Henri Combrink, voorsitter van TLU SA se Cullinan Boere-Unie.

Elke borg wat by die Pampoenfees betrokke is, maak ‘n groot bydrae om van die kompetisie ‘n sukses te maak. Daar sal ‘n lekker biertuin, stalletjies met eet- en drinkgoed, sowel as ‘n verskeidenheid ander produkte wees vir almal om te geniet. Bywoners kan uitsien na vermaak deur ABREU en Adam Tas.

“Daar is groot belangstelling in die Pampoenfees en daar word heelwat nuwe inskrywings verwag,” se Combrink. “Daar is kompetisies soos die grootste pampoen, die mooiste pampoen, lelikste pampoen, ‘n pitspoegkompetisie en ‘n verskeidenheid ander om bywoners te vermaak. Die swaarste pampoen sal ná die kompetisie vir ‘n paar dae by Uitkyk Vleismark in Silverton uitgestal word vir besigtiging.”

Al die pampoene wat ingeskryf word gaan na ‘n welsynsorganisasie toe vir verspreiding onder behoeftige mense in en om Pretoria.

Almal is welkom. Toegang is R50 per persoon en toegang vir kinders onder 12 jaar oud is gratis. Kaartjies is beskikbaar op Goliat van Gat Pampoenfees se Facebook-blad.

Navrae oor die Goliat van Gat Pampoenfees en stalletjies kan gerig word aan:
Henri Combrink
082 552 9428
culliboer@gmail.com

Kategorie:

Deel dit:

20ste Goliat van Gat Pampoenfees

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.