James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Ramaphosa-opmerkings oor militante rewolusionêre aksie onverantwoordelik – TLU SA rig skrywe

Dit is uiters onverantwoordelik vir President Cyril Ramaphosa om militante aksie aan jong Suid-Afrikaners te predik en TLU SA vrees die reaksie wat sy opmerkings teenoor boere kan ontketen.

Ramaphosa het jong Suid-Afrikaners tydens die slotopmerkings van die 26ste Nasionale Konferensie van die ANC Jeugliga op 2 Julie 2023, aangespoor om militante rewolusionêre te word (*sien aanhaling onder).

“Hierdie kommentaar is niks anders as ‘n poging om politieke steun voor die verkiesing te wen nie,” sê Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA. “Ons is moeg daarvoor dat ‘n sekere groep in Suid-Afrika – wat ons boerelede insluit – as die vyand beskryf word. Dit, terwyl ons dag in en dag uit hard werk om kos op die tafels van alle Suid-Afrikaners te sit. Die ware vyand is die falende ANC-regering.”

TLU SA het daarom ‘n skrywe aan die president gerig waarin die onverantwoordelikheid van sy opmerkings beklemtoon word. TLU SA se Jongboerkomitee het verder ook ‘n ope brief aan die president gerig wat hom herinner aan die verskil tussen ‘n goeie leier – ‘n staatsman – en ‘n politikus wat enigiets sal doen om guns en mag te wen.

“Ten spyte van die voortdurende aanvalle op boere sal ons voortgaan met ons werk en roeping,” sê Van Zyl. “Ons sal ook voortgaan om ons kinders te leer om planne te maak en innoverend te wees in stede van .”

 

*“Without a militant and vibrant and disciplined youth movement that is responsive to the needs of young people, the ANC may eventually lose the ability to grow and to renew itself. So, therefore, I call upon you to return to the militancy of the ANC Youth League of the 1944 era, to go back to the militancy of the ANC Youth League of the ’80s and the ’90s. This is your heritage. That is where you belong, that is where we want to see the ANC Youth League returning to. We don’t want to see an ANC Youth League that is docile, we don’t want to see an ANC Youth League that is asleep during a revolution. You are the revolution.” (YouTube 46:50 tot 48:00)

 

Om TLU SA te steun om boere se belange in die land te beskerm, sluit gerus aan as ‘n lid of ondersteuner by hierdie skakel. https://www.tlu.co.za/sluit-aan/

Kategorie:

Deel dit:

Ramaphosa-opmerkings oor militante rewolusionêre aksie onverantwoordelik – TLU SA rig skrywe