Plaaslike regering

Die Wet op Plaaslike Regering stel spesifieke regulasies waaraan munisipaliteite moet voldoen. Die impak van die nie-nakoming van hierdie regulasies het ‘n wesenlike negatiewe uitwerking op die ekonomiese volhoubaarheid van landbou. Dit is hierdie komitee se verantwoordelikheid om die wanbestuur van munisipaliteite uit te wys en oplossings voor te stel. Dit is egter ook ons verantwoordelikheid om Suid-Afrikaners in te lig oor hulle rol in ‘n effektiewe plaaslike regering.

Kontak die komitee

Verklarings/Meningstukke

Belangrike dokumente

Veldtogte

Eiendomsbelasting – Kry jy waarde vir jou geld? 2020 – AFGEHANDEL

TLU SA beoog om munisipaliteite en distrikte aan te vat om sodoende dienste relevant tot eiendomsbelasting te verseker. Registreer nou as ‘n belanghebbende persoon sodat jy verteenwoordiging geniet wanneer ons jou munisipaliteit aanvat.

Waardasierolle 2020 – AFGEHANDEL

Die waarde van eiendomme word volgens wet elke vier jaar deur munisipale inspekteurs bepaal en op die waardasierol geplaas. Jou dienste- en eiendomstariewe word volgens hierdie waarde bepaal.