James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Die Goliat van Gat Pampoengeregkompetisie: Inskrywings is oop

Droom jy daarvan om jou kookvernuf ten toon te stel en ander met jou kreatiewe disse te beïndruk? Nou is jou kans!

Die Goliat van Gat Pampoengereg-kompetisie vind op 15 Maart tydens die Goliat van Gat Pampoenfees, by die Pretoria Ou Motorklub in Silverton plaas, en is oop vir almal om in te skryf. As jy daarvan hou om in die kombuis te eksperimenteer en iets besonders met pampoen te skep, dan is hierdie jou kans om jou talent te wys!

Of jy nou hou van soet of sout, tradisioneel of modern, eenvoudig of uitspattig – hier gaan dit alles oor jou unieke skeppings.

Wat hierdie kompetisie nóg lekkerder maak, is die wonderlike pryse wat op die spel is. Die vyf wenners van die kompetisie sal elk beloon word met ’n kookklas geborg deur Steuns Culinary School – die perfekte geleentheid om jou kookvaardighede na die volgende vlak te neem! Die eerste vyf wenners se resepte sal ook in die Farmer’s Feast tydskrif van Farmer’s Weekly geplaas word.

Ervare beoordelaars sal jou disse proe en evalueer op grond van smaak, aanbieding en kreatiwiteit.

Hoe om in te skryf:

Dis so eenvoudig soos om ’n e-pos te stuur na Henri Combrink by culliboer@gmail.com. Onthou om vinnig in te skryf – jy wil nie hierdie goue geleentheid misloop nie!

So, maak jou messe skerp, trek jou voorskoot aan en kom wys jou kookvernuf by die Goliat van Gat Pampoengeregkompetisie! Wie weet? Miskien stap jy weg as die koning of koningin van die pampoengeregte!

Kategorie:

Deel dit:

Die Goliat van Gat Pampoengeregkompetisie: Inskrywings is oop