James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

BTW | Verligting, maar die kernprobleem bly onaangeraak

TLU SA neem met waardering kennis van die besluit om die beplande verhoging van BTW van 15% na 15.5%, wat op 1 Mei in werking sou tree, nie deur te voer nie. Hierdie stap, wat volg op druk van verskeie sektore van die samelewing, is ’n duidelike bewys dat gesonde teenstand en samewerkende stemme steeds ’n verskil kan maak. Ons spreek ons dank uit teenoor elke burgerlike organisasie, politieke party en ekonomiese denker wat nie stilgebly het nie, maar hul insette en besware duidelik gemaak het teen ’n skuif wat veral Suid-Afrika se armste sou benadeel.

Tog moet ons eerlik wees, om nie nou die belasting te verhoog nie is bloot ’n pleister op ’n oop wond. Die krisis wat die Suid-Afrikaanse ekonomie tans ervaar het nie ontstaan as gevolg van een enkele fiskale besluit nie. Dit is die resultaat van dekades lange beleid wat struktureel skadelik is en die landskap vir entrepreneurs, beleggers en werkers vyandig gemaak het. Suid-Afrika is in die greep van ’n beleidsrigting wat al hoe meer soos sosialisme en selfs kommunisme begin lyk, waar die staat se rol al hoe groter raak en die privaat sektor al hoe meer gewurg word onder regulasies, rassistiese wetgewing en toenemende belastingdruk.

Ons land se grootste tekort

Ons land se grootste tekort is nie ’n fiskale tekort nie, dit is ’n tekort aan integriteit, bevoegdheid en politieke wil. Die sistemiese verval van dienslewering, die ineenstorting van instellings soos die Poskantoor, SAL, Denel, en Transnet, en die finansiële wanorde in munisipaliteite is nie toevallig nie. Dit is die direkte gevolg van ‘n kadersisteem waar lojaliteit aan ‘n party belangriker geag word as die kundigheid en integriteit wat nodig is om dienste effektief te bestuur. Die markekonomie funksioneer op vertroue, op die reg tot private besit, op die beloning van prestasie en op die reg om sonder vrees of gunste te onderneem. Hierdie beginsels word daagliks ondermyn deur wetgewing wat rassisme institusionaliseer en entrepreneurs dwing om energie te mors aan nakoming eerder as innovasie.

“Die Suid-Afrikaanse belastingbetaler is moedeloos en vuisvoos. Elke maand gaan miljarde rande die staatskas in, maar wat ontvang ons in ruil,” vra Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA. “Kragonderbrekings, gebrekkige sekuriteit, ’n gesondheidsisteem op die rand van ineenstorting en skole sonder basiese infrastruktuur. Die probleem lê nie in te min BTW nie, maar in die totale onbevoegdheid. En ook korrupsie in die besteding van daardie geld. Terwyl die regering homself oortuig dat hy die land kan belas tot sukses, verstaan die privaat sektor dat welvaart slegs geskep word deur vryheid, deur harde werk, en deur beleggings wat sin maak. Hierdie ideologiese skeiding tussen ’n “skep en bou”-kultuur in die privaat sektor en ’n “opeis en gebruik”-kultuur in die ANC is die werklike rede vir ekonomiese stagnasie.”

Kansellasie van BTW-verhoging verwelkom

Ons sê weer, die feit dat die BTW-verhoging gekanselleer is, word verwelkom. Maar dit kan nie opmaak vir ’n gebrek aan strukturele hervorming nie. Dit kan nie vertroue herstel in ’n regering wat elke jaar sy beloftes verbreek, en telkens misluk om die land se ekonomie op koers te kry nie. Die enigste pad vorentoe is een wat beleid hervorm, waar kundigheid bo kaderskap geplaas word, waar ras as kriteria vir aanstellings en kontrakte geskrap word, en waar korrupsie met ysterhande uitgeroei word. Sonder so ’n grondverskuiwing sal geen belastingkoers ooit genoeg wees nie, die bodemlose put sal net dieper word.

Ons doen ’n beroep op die regering om die huidige oomblik van finansiële besinning nie net as ’n politieke manoeuvre te gebruik nie, maar as ’n keerpunt. Die ekonomie is nie die vyand nie, dit is die antwoord. Gee ruimte vir markkragte om hul werk te doen, skep sekerheid oor eiendomsreg, bou ’n bevoegde en onpartydige staatsdiens, en ondersteun eerder as om te straf. Dan sal Suid-Afrikaners self die welvaart skep wat die land so broodnodig het.


Klik hier en volg TLU SA op Facebook.

Kategorie:

Deel dit:

BTW | Verligting, maar die kernprobleem bly onaangeraak

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.