James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

“Look at the scoreboard” | Waar staan die boer in die waardeketting?

‘n Bekende in rugbykringe, Boy Louw, het ’n gesegde gehad wat tussen rugbyondersteuners bly leef. Wanneer mense gekla het dat die Bulle se spel nie aanskoulik genoeg is nie, was sy antwoord kort en skerp:

“Look at the scoreboard.”

Die telbord lieg nie.  In rugby beteken dit: jy kan sê wat jy wil oor styl, maar aan die einde tel net die uitslag.

Vir die boer is daar ook só ’n telbord: winsgewendheid.  Sonder wins is die kans om volgende seisoen weer vir ’n “wedstryd” op te draf, skraal. Lenings en oorlaatskuld kan vir ’n tyd lank beweegruimte gee, maar nie op die lang duur volhoubaarheid verseker nie. Op ’n stadium moet daar swart syfers wees, anders is die boerdery se toekoms eenvoudig in gedrang.

Die boer se telbord: Druk van alle kante

Wanneer ’n mens een-tot-een met boere gesels, kom die intensiteit van die druk waaronder die primêre produsent funksioneer, skerp na vore. Verskillende faktore speel gelyktydig in op die boerdery-eenheid en eet stadig maar seker aan die boer se winsgewendheid.

Aan die insetkant is daar ’n dinamiese, aanhoudende styging in koste: brandstof, kunsmis, chemiese middels, arbeid, herstelwerk, alles beweeg boontoe.  Dit word gekombineer met ’n al hoe meer komplekse regulatoriese omgewing, waar die boer se administratiewe las in sommige gevalle tot 60% van sy tyd opeis.

Aan die uitsetkant neig pryse dikwels sywaarts of selfs afwaarts. Die boer is dus prysnemer aan albei kante: hy neem die prys wat insetverskaffers vra  én hy moet maar vat wat die mark bereid is om te betaal.

Van koolkoppe en wortels, en die verbruiker se rak

Vergelykings tussen wat die boer kry en wat die verbruiker in die winkel betaal, is nie altyd eenvoudig nie.  Vir baie kommoditeite is prysskommelings só groot dat vandag se vergelyking môre reeds verouderd is. Nietemin kan ’n mens, net om die realiteit sigbaar te maak, ’n paar voorbeelde gebruik.

  • Op ’n gegewe dag kry ’n boer byvoorbeeld R5 vir ’n koolkop, terwyl die verbruiker R20 op die rak betaal. Ja, daar is logistieke, verpakkings- en verspreidingskoste. Tog was daar gevalle waar boere hul koollande liewer ingeploeg het, omdat die verlies kleiner was as om die kool verder te oes, te verpak en tot by die mark te vervoer.
  • Nie ver daarvandaan nie kry ’n boer 99c vir ’n kilogram wortels. Dit is eenvoudig nie volhoubaar nie. Hierdie voorbeelde wys hoe dun die marge aan die produsentekant dikwels is, veral as een swak seisoen of ’n onverwagse skok bykom.

Koring: Globale mark, plaaslike pyn

Koringboere ervaar tans ook groot druk.  Suid-Afrika produseer nie genoeg koring om die binnelandse vraag heeltemal te dek nie. Ingevoerde koring is nie altyd van dieselfde gehalte as ons plaaslike produk nie en moet soms ingemeng word om die gewenste bakgehalte te bereik.

Die aanbod van buite beïnvloed ons plaaslike pryse direk. Wanneer ingevoerde koring teen laer pryse die mark betree, sit die Suid-Afrikaanse boer met ’n koringprys wat nie sy produksiekoste en risiko’s regverdig nie.  So raak die boer se “scoreboard” al hoe dowwer, al is die rakke vir die verbruiker nog vol.

Hoe verbeter ons die telbord?

Die groot vraag bly:  Wat is die antwoord?

Die logistiek om produkte teen ’n aanvaarbare prys én goeie gehalte by die verbruiker uit te kry, is kompleks. Verskeie rolspelers – produsente, pakhuise, vervoermaatskappye, verspreiders, kleinhandelaars – is in die ketting betrokke. Elkeen moet ’n vorm van wins toon om self volhoubaar te kan funksioneer.

Daar is egter maniere om die afstand tussen boer en verbruiker te verklein en sodoende waardetoevoeging meer regverdig te verdeel:

  • Boeremarkte in gemeenskappe kan ’n belangrike rol speel. Hier neem boere hul produkte direk na die verbruiker. Die Pretoria Boeremark, wat jare gelede deur TLU SA gevestig is, is ’n sprekende voorbeeld.  Dit het oor tyd ’n bekende landmerk geword – ’n plek waar verbruikers met vertroue vars produkte direk by produsente koop en waar boere ’n beter deel van die eindprys kan ontvang.
  • Verbruikerskoöperasies en landboukoöperasies wat direk met mekaar skakel, kan vir sekere produkte ’n wen-wen-verhouding skep. Aan die een kant kry die verbruiker beter gehalte en meer deursigtigheid; aan die ander kant kry die boer ’n meer regverdige prys en stabieler vraag.

TLU SA is tans, saam met ’n span kundiges, besig om hierdie moontlikhede prakties te ondersoek.  Die doel is om in 2026 konkrete voorstelle en strukture op die tafel te plaas wat beide produsente en verbruikers kan help.

Kunsmatige intelligensie: ’n nuwe spelreël

Met die koms en dinamiese ontwikkeling van kunsmatige intelligensie (KI) word daar heelwat nuwe geleenthede ontsluit.  Slim digitale platforms kan die verskaffer (die boer) en die verbruiker (die mark) meer direk en doeltreffend in kontak bring.

Dit kan byvoorbeeld help met:

  • beter prysdeursigtigheid;
  • vraag- en aanbodbeplanning;
  • logistiek-optimalisering;
  • en die skep van digitale markplekke waar produsente en verbruikers mekaar kan vind sonder onnodige aspekte tussenin.

In ’n wêreld waar voedselveiligheid en betroubare voorsieningskanale al hoe belangriker word, móét hierdie tegnologieë aangewend word om te verseker dat ons voedselverskaffingskanale ongeskonde ons verbruikers bereik – teen pryse wat vir beide kantlyn en “spelers” sin maak.

’n Telbord vir boere én verbruikers

Sodra nuwe modelle en strukture gereed is, sal TLU SA dit breedvoerig aan lede én die breër publiek bekend maak. Dit kan vir verbruikers waardevol wees om as “vriende” van TLU SA nouer betrokke te raak, sodat hulle betyds kan kennis neem van hierdie ontwikkelings wat reeds op die horison wink.

Uiteindelik gaan dit oor meer as net die boer se telbord.  ’n Land sonder volhoubare boerderye se voedsel-“scoreboard” kan ook baie vinnig lelik lyk.

Oom Buurman sou waarskynlik vandag vir ons almal sê:

Moenie net luister na die mooipraatjies nie. Kyk na die “scoreboard”.

En vir die boer beteken dit: ons móét sorg dat daardie telbord weer positiewe syfers wys, in die belang van produsent én verbruiker.

Hierdie meningstuk het op 12 Desember in Pretoria FM se e-koerant, Nuusweek, verskyn. 

Kategorie:

Deel dit:

“Look at the scoreboard” | Waar staan die boer in die waardeketting?

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.