James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

MEDIAVERKLARING: TLU SA bevraagteken feite agter regering se aanslag tot COVID-19

TLU SA maak staat op bewese wetenskaplike feite om keuses oor enige sake te maak. Die regering behoort, gegewe die beskikbare wetenskaplike inligting, sterk riglyne uit te vaardig vir individue om self toe te pas om die COVID-19 pandemie te bestuur.

“Die regering verkies om Suid-Afrika eerder terug te vat na vlak drie van die inperking en die ekonomie sodoende verder te skaad as om self navorsing te doen en oplossings te vind,” sê mnr. Henry Geldenhuys, die president van TLU SA. “Waarom verkies die regering om nie alternatiewe oplossings in die stryd teen die koronavirus te ondersoek nie?”

Die regering se apatiese houding teenoor die gebruik van die middel Ivermectin – ‘n middel wat teen verskeie infeksies en ook in die behandeling van diere gebruik word – veroorsaak twyfel aangesien die bewese suksesse van die middel wyd gepubliseer is. Derhalwe behoort die regering alle krane oop te draai om soveel as moontlike wetenskaplike, gestaafde feite oor die middel in te samel en te toets. Indien dit wel blyk dat die middel met sukses gebruik kan word, moet die regering dit aanmoedig.

“Die regering moet besef dat ‘n aankondiging om die ekonomie so goed as moontlik aan die gang te hou goed is, maar dat dit onderhewig is aan die praktiese implikasies van hoe die waardekettings inmekaar gevleg is,” sê mnr. Geldenhuys. “Indien een ekonomiese aktiwiteit beperk word, het dit onmiddellik ‘n invloed op ander dele van die ekonomie. Werkloosheid, die toemaak van veral kleiner besighede en die gepaardgaande armoede is reeds aan die orde van die dag. Slegs ekonomiese groei kan dit suksesvol verbeter.”

Die regering het tot dusver baie vinnig regulasies uitgereik waarvan heelwat geen sin gemaak het nie. Dit maak dat die bevolking nou die oordeel van die regering bevraagteken. Die verdere korrupsie rondom en wanbesteding van fondse vir die bestuur en verligting van die pandemie het die regering se geloofwaardigheid verder afgetakel. Om daarna bloot verskoning te vra en skuldiges liggies oor die vingers te tik, bou nie vertroue nie.

“Die regering moet groter billikheid en deursigtigheid in hulle optrede openbaar,” sê mnr. Geldenhuys. “Dit is nie nou die tyd om ‘n politieke spel van hulpverlening te maak nie. Om byvoorbeeld R1,2 miljard aan die boere wat maar 1% van die kosmandjie produseer te skenk, is onbillik en onverstaanbaar.

“COVID-19 is nie iets wat na 15 Januarie of gou daarna gaan verdwyn nie. Derhalwe is balans in die aanslag teen die aspekte wat ons bedreig noodsaaklik. Om dit te kan doen is daar kapasiteit in die staatskas nodig om die nodige middele daar te stel om al die bedreigings die hoof te bied.  Dit kan net gebeur indien die ekonomie funksioneer en groei bewerkstellig word.”

Landbou se kommersiële sektor sal aanhou kos produseer om die land te stabiliseer. Die regering behoort die nodige erkenning en ondersteuning vir daardie boere wat seker maak dat daar voedsel beskikbaar is, te gee.

 

Uitgereik deur:          TLU SA

Datum:                       29 Desember 2020

 

Navrae:                       Mnr Henry Geldenhuys, President TLU SA,

                                       Sel.: 083 560 1273

                                      Mnr Bennie van Zyl, Hoofbestuurder TLU SA,

                                      Sel.: 082 466 4470

Kategorie:

Deel dit:

MEDIAVERKLARING: TLU SA bevraagteken feite agter regering se aanslag tot COVID-19

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.