Op Landbouspore het TLU SA die afgelope maand video’s gelaai van die Kongressprekers se aanbiedings, asook onderhoude met die nuwe TLU SA Jongboer van die Jaar en Landboupersoonlikheid van die Jaar. Die volgende opnames is beskikbaar:
- Henna du Plessis, voorsitter van die Jongboerkomitee;
- Bennie van Zyl se jaarverslag;
- Maj. Chris van Zyl se jaarverslag;
- Henry Geldenhuys se presidentsrede;
- Kobus Oberholster oor persoonlike finansiële beplanning;
- André Jooste oor die boer in die waardeketting;
- Die nuwe TLU SA Jongboer van die Jaar, Dawie Brits; en
- TLU SA se Landboupersoonlikheid van die Jaar, Erika Helm.
Vorige opnames is beskikbaar op die YouTube-kanaal en ook op die webwerf.









