Klik hier en maak 'n bydrae tot die TLU SA Traumafonds
Maak 'n bydrae tot TLU SA Traumafonds: Klik hier
AAMP Meesterplan Dinsdag | 25 Mei | 2021

Soos die jare verbysnel het ons sedert die ANC se bewindsoorname deur ‘n verskeidenheid landbouplanne gegaan. Almal is besig om stof te vergader met ‘n weglaatbare suksessyfer wat getoon kan word. Tans is daar ‘n volgende plan in wording, die “Agriculture and Agro-processing Master Plan (AAMP)”.

TLU SA is deel van die proses en ons insette is ingedien. Dit wys duidelik daarop dat solank die regering gaan volhard om ‘n wêreldwye mislukte ideologiese benadering voorop te stel, die planne een vir een sal misluk. Landbou is ‘n ekonomiese proses en die enigste kriteria wat gebruik moet word, is die markkragbeginsels wat ekonomiese groei kan teweegbring.

Foto deur Tim Mossholder van Pexels

Sluit aan

Nuusbriewe
Checkboxes

Kontak Ons