James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

*Advertensie* | ABSA

Gedurende die afgelope twee jaar was landbou die ster in die Suid-Afrikaanse ekonomie. Soos die effek van die pandemie begin kwyn, is daar egter nuwe verwikkelinge in wêreldmarkte wat uitdagings vir die industrie na vore bring. Hierdie sluit die probleme tussen Rusland en die Oekraine in maar ook die onlangse Covid-19 golf in China wat globale vervaardiging en handel ontwrig het.

Een van die direkte effekte van hierdie op plaaslike produsente is dat insetpryse skerp gestyg het. Ten tye van skryf was wêreld kunsmispryse omtrent 30% hoër as ’n jaar gelede volgens die Bloomberg Greenmarkets kunsmisprys indeks. Daarmee saam dui Sea Intelligence se verskepingsbetroubaarheids indeks aan dat globale verskepings skedules net 35% akkuraat is, waar dit voor die pandemie rondom 80% was.

Al hierdie faktore sal mee werk om die komende seisoene meer uitdagend maak. Uitdagings bring egter ook geleenthede. ’n Voorbeeld hiervan is dat die duur kunsmispryse produsente oorhaal om oor kunsmis effektiwiteit te dink en te verbeter. Oor die langer termyn gaan klimaatsverandering en elkeen se bydra om dit te beperk ’n groot rol speel. Die effektiewe gebruik van kunsmis – doen minder met meer – is deel van die groter inisiatiewe rondom klimaat- en omgewingsbestuur. Hier speel ander faktore soos grondgesondheid ook ’n baie belangrike rol en benaderings soos herlewingslandbou en die kombinasie van verskillende gewasse op dieselfde land gedurende dieselfde seisoen raak al hoe meer aantreklik.

Die bogenoemde skommelinge en veranderinge bevestig dat die enigste sekerheid is dat omstandighede sal verander. Produsente moet hulself dus posisioneer om die veranderinge te bestuur en ten beste voordeel daaruit te trek. By Absa verstaan ons dan ook dat jou behoeftes deur tyd verander en is ons daarom geposisioneer om jou met verandering te help. Op ’n persoonlike vlak kan ons help om die finansiële behoeftes van jou, jou gesin en jou nalatenskap te bestuur. Vir jou besigheid het ons ’n span toegewyde spesialiste wat jou help om aktuele kwessies soos transformasie en klimaatsverandering te navigeer. Vir die toekoms is ons ook baie opgewonde oor die nuwe potensiaal wat digitale tegnologieë vir landbou en landbou finansiering bied om ons bankdienste aan jou meer effektief te maak. Absa is jou vennoot deur tyd en stel langtermyn verhoudings hoog op die prys.

Kategorie:

Deel dit:

*Advertensie* | ABSA

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.