Die landboubedryf word jaarliks gekonfronteer met herhalende probleme soos droogte, soutgehalte en uiterste temperature, wat lei tot aansienlike gewasvernietiging en gevolglike inkomsteverliese. Sonder behoorlike en voldoende tegnologie sal hierdie faktore voortgaan om te seëvier en tot nog meer uitdagings lei vir boere.
Hoe kan ons gewasopbrengs verbeter?
Aardverwarming het ongekende uitdagings vir die landbousektor in Suid-Afrika gebied, wat gelei het tot ‘n beduidende vraag na bekostigbare, effektiewe en volhoubare oplossings om verdere gewasvernietiging en potensiële inkomsteverliese te voorkom. Met effektiewe internet van dinge oftewel ‘Internet of Things’ (IoT) oplossings, word boere toegerus om hierdie eksterne uitdagings te bekamp. IoT-toestelle kan noodsaaklike data oor grondvog-, dam-, water- en silo vlakke versamel, sodat hulle doeltreffende besluite kan neem, afval kan verminder, kostes bespaar, sekere prosesse outomatiseer en winsgewendheid kan verhoog.
MiRO het in aksie gespring en Milesight IoT-oplossings vir Suid-Afrika bekendgestel met hierdie kennis in gedagte.
Milesight vervaardig kwaliteit LoRaWAN (Long Range Wide Area Network) IoT produkte met ‘n gespesialiseerde fokus op landbou en industriële applikasies. Dit bring die kompleksiteit van sekuriteit, konnektiwiteit en kommunikasie bymekaar om ‘n geïntegreerde en verbruikersvriendelike IoT-oplossing te lewer.
Die voordele van IoT in landbou
Met Milesight se IoT-oplossings, bestaande uit sensors en beheertoestelle, kan die landbousektor koste, tyd en moeite bespaar en oesopbrengs aansienlik verbeter.
Die belangrikste voordele van landbou-IoT sluit in:
- Data-insameling: Met intuïtiewe sensors word data versamel en gestoor in ‘n veilige wolkomgewing (cloud). Die gebruiker kan eenvoudig toegang tot hierdie data verkry, toestande ontleed en ingeligte besluite neem vanaf enige rekenaar, selfoon of tablet.
- Afstandsmonitering en kitswaarskuwings: Afstandsmonitering van plaastoestande en infrastruktuur bespaar tyd en arbeid op roetine-plaaskontroles wat die data onmiddelik aan die plaasbestuurder kommunikeer.
- Outomatiese besproeiingstelsels: Die gebruiker kan besproeiingstelsels van byna oral af op afstand aktiveer. Selfs die sensors kan besproeiingstelsels outomaties aktiveer wanneer grondtoestande watervereiste in die gebruiker se afwesigheid aandui.
- Sekuriteit: Milesight se kontaksensors waarsku gebruikers teen voorwerpe se oop/toe status (soos deure en vensters) en kommunikeer regstreekse waarskuwings aan die gebruiker via die mobiele program of slimfoon toepassing.
- Risikobepaling: Met die versamelde data kan gebruikers die inligting ontleed en beplan vir toekomstige oeste.
- Veldproduktiwiteit: Milesight se produkte verhoog die doeltreffendheid van die vervaardiging van gewasse om minder vermorsing, wenslikheid vir die mark en verbeterde eenvormigheid oor die hele proses te verseker.
Milesight produkte gebruik ‘n langafstand draadlose tegnologie genaamd LoRaWAN. Met hierdie lae kragverbruikstegnologie kan sensors tot 5 jaar op dieselfde battery duur en afstande tot 10km oordra. Die kombinasie van die Milesight-sensors met sy IoT-wolkoplossing gee gebruikers die vermoë om alle sensors op afstand te bestuur en waarskuwings en opdaterings via die intelligente mobiele toepassing te ontvang.
MiRO versprei ‘n omvattende reeks sensors en beheertoestelle van Milesight, ontwerp vir enige landbou-omgewing.
MiRO bied voorafkonfigurasie-, opleiding-, voorverkope- en naverkopedienste aan om te verseker dat alle kliënte vol vertroue voel om hul IoT-reis te begin. Kontak hul verkoopspan by sales@miro.co.za of besoek hul webwerf by www.miro.co.za vir meer inligting.





